NSRI red man in Houtbaai van verdrinking

Foto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag ‘n man by Houtbaai van verdrinking gered.

“Die man het in die moeilikheid beland terwyl hy saam met ‘n vriend in die rivier geswem het,” het Andrew Ingram, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Sy vriend wou hom help, maar hy was nie ‘n sterk genoeg swemmer nie en het uiteindelik gesukkel om homself te red.” NSRI-vrywilligers het die man in 2m-diep water opgespoor. Hy is uit die rivier gehaal en KPR is toegepas tot paramedici opgedaag het. Die man is in ‘n kritieke toestand per helikopter na die Groote Schuur-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.