ANC-bekentenis oor Zim-vlug plaas verdere druk op Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die net span al nouer om die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nadat die ANC erken het die wet is oortree met die onlangse gebruik van ʼn militêre vliegtuig vir ʼn partypolitieke ANC-sending na Zimbabwe.

Nadat die ANC vanmiddag gesê het die party sal die koste vir die vlug terugbetaal, neem die druk toe op pres. Cyril Ramaphosa om Mapisa-Nqakula uit haar pos te verwyder.

Dit is naamlik die feit dat Mapisa-Nqakula (weliswaar sonder klaarblyklike rede) na Harare gevlieg het wat die aanvanklike vyeblaar vir die gebruik van die weermagvliegtuig op belastingbetalersonkoste verskaf het.

Mapisa-Nqakula se meedoen aan hierdie onwettigheid laat haar blootgestel, veral omdat dit nie die eerste keer is dat sy haar aan sulke gedrag skuldig maak nie.

Jare gelede, toe sy by ʼn vorige geleentheid minister van verdediging was, het sy ʼn weermagvliegtuig gebruik om ʼn spesiale vriendin van haar gesin in die buiteland te gaan haal en sonder ʼn geldige paspoort die land in te smokkel.

Indertyd is nie juis teen die minister opgetree nie – dit was tydens die Zuma-bewind. Maar nou is ʼn verdere duidelike misdryf by Mapisa-Nqakula se rekord gevoeg, en dit sal Ramaphosa se belofte om op te tree teen korrupsie en wanbesteding selfs verder toets.

In politieke kringe word gefluister dat Suid-Afrika ʼn sterker minister van verdediging sal benodig indien die land by die oorlog in die noorde van Mosambiek betrokke sou raak, soos al meer verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Cyril as jy so ernstig oor korrupsie is, fire die madam en laat haar betaal! Lyk my sy is ‘n gewoonte misdaderig… Jy’t onbevoegte kaders en doen NIKS omtrent dit nie! Altyd leë beloftes van jou af.

#Tsek ANC tsek man

Schalk ·

Dit is omdat hy ook onbevoegd is. Die water kook vinniger as wat hy verwag het. En sy kaders help die water se temperatuur opjaag.

Werner ·

Cyril is net so onbevoeg soos sy kaders suid afrika se nuwe naam kan wees lying cheating stealing

Jakes ·

Hiervan sal dadels kom want daar is net te veel blikke wurms wat oopgemaak sal word indien CR haar sou afdank. Het die Zim besoekers dalk vir hul elk n plaas gaan uitsoek?

Jacobus ·

Dis duidelik dat met díe debakel die onnerabel minister met die “fall out” sit. Glo vir geen oomblik dat sy die aanstigter was nie. Sal nader aan die topstrukture gaan kyk. Dit is ook duidelik dat dit ‘n poging was om Cyril, uit te daag. Fire die lot.
Was die rede vir die besoekie nie dalk vir die kaders om te gaan kyk hoe vèr van die volledige ramp staat ons is nie?

Genis ·

Uncle Cyril your people man, iesh? You are build on a corrupt foundation… Hoe se mens; n vis vrot van kop se kant af..

Anoniem ·

Stel ‘n oud Weermag Hoof aan as Minister van Verdediging, hy sal weet waaroor dit gaan. Dieselfde vir alle ander departemente. Jy kan nie iemand wat kundig is in krale ryg aanstel as Minister van Kuns en Kultuur nie, of iemand wat messe slyp as Minister van Verdediging nie, dis presies hoekom ons is waar ons is.

Anoniem ·

Van hierdie storie gfaan daar NIKS van kom nie. Ramaphosa is te sag met dit wat hy moet doen!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.