Foto’s: Blignaut deur na finaal en ander aksie

Kyle Blignaut in aksie. Foto: SASPA.

Gewigstoot:

Kyle Blignaut se poging van 20,97 m het sy plek in die eindronde verseker, maar Jason van Rooyen (20,29) het die uitdunronde in die 19de plek afgesluit.

Die eindronde vind Vrydagoggend om 04:05 plaas.

200 m:

Nie een van Suid-Afrika se drie sterre kon na die eindronde deurdring nie. Andre de Grasse se 19.73 sekondes was die vinnigste kwalifiserende tyd en hy het ook die Kanadese nasionale rekord in die item verbeter.

Die 20-jarige Shaun Maswanganyi (20.18 sekondes) was die vinnigste onder die Suid-Afrikaners, gevolg deur Clarence Munyai (20.49 sekondes) en Anaso Jobodwana (20.88 sekondes).

5 000 m:

Lesiba Mashele was 15de in sy uitdunlopie met sy tyd van 13:48:25 minute.

110 m-hekkies:

Antonio Alkana het sy beste tyd van die seisoen (13.55 sekondes) gehardloop, maar het steeds nie vir die halfeindstryd gekwalifiseer nie.

Spiesgooi:

Jo-Ane van Dyk kon nie daarin slaag om die eindronde te haal nie. Sy moes algeheel in die top-12 geëindig het of minstens 63 m gegooi het om na die eindronde deur te dring. Haar eerste twee pogings van 55,31 m en 55,43 m is opgevolg deur ʼn gooi van 57,69 m. Sy het egter 13de in groep B geëindig en algeheel 24ste.

Sportklim:

Suid-Afrika se Christopher Crosser is tans in die 15de plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.