Nuuskommentaar: Gaan ’n Afrikaanse SAUK-TV-kanaal werklikheid word?

Lesersfoto

Lesersfoto

Die SAUK het almal verras deur aan te kondig dat dit ’n volwaardige Afrikaanse kanaal beplan. Daar moet nog baie water in die see loop, maar intussen woed die stryd om Afrikaans op ander vlakke voort met dikwels Afrikaanssprekendes wat deel is van die stryd om Afrikaans se rol en ruimte te verskraal. Die toetrede van Breyten Breytenbach aan die kant van Afrikaans by die US het ’n nuwe dimensie verleen.

Groot onsekerhede omring steeds die SAUK se aankondiging dat verskeie nuwe taalgerigte TV-kanale, waaronder een in Afrikaans, beplan word. Omtrent al wat in terme van ’n tydsraamwerk bekend is, is dat dit met die migrasie na digitale uitsendings beoog word, en dat die aankondiging taamlik kort voor ’n belangrike verkiesing gedoen word.

Dit is ook bekend gemaak dat die Afrikaanse kanaal gerig sal wees om ook te voldoen aan die taalbehoeftes van gemeenskappe van die Khoi en die San.

Hoeveel die werklikheid met die saak te make het, sal nog bepaal moet word. Hoe meer probeer is om Afrikaans vanuit owerheidswese te marginaliseer en selfs te verdring, hoe meer het Afrikaanse gemeenskapsradiostasies begin floreer. Veral in die aanvangsjare het die uitsaaiowerhede alles in hul vermoë gedoen om stasies wat op Afrikaans gefokus het, se uitsaairadius en inkomstepotensiaal te beperk. Dat dit intussen deels oorkom is, hou ook meer met die ontwikkeling van tegnologie, soos die internet, verband, as ’n ander gesindheid terwyl die SMS-stelsel in sommige gevalle heelwat tot die inkomstebronne bydra.

Waar bloed nie kan loop nie, daar kruip dit.

Intussen het die SAUK die een eksperiment ná die ander probeer, soos om die gewilde Afrikaanse nuusbulletins rond te skuif, en gevind dat die kykers nie in die proses na die “vlagskip” Engelse nuusbulletins migreer nie, maar die Afrikaans volg. En dis dikwels nie-Afrikaanssprekendes wat die Afrikaanse bulletins volg.

Staar kommersiële werklikhede nou ook die SAUK in die oë?

Het die bestaan van onafhanklike betaalkanale te veel lesers begin oes?

Soos dit nou is, het Afrikaanse kykers wat nie betaal-TV kan bekostig nie, en wat nie ’n affiniteit vir Gita se skelmstreke in 7de Laan het nie, darem bloedweining om in die skoonste taal te volg.

En dit is nou sonder om die gehalte van Afrikaans wat soms opgedis word onder die loep te neem, maar elke keer dat na die Algeriese, in plaas van Algerynse verwys word, is hierdie kommentator nog ’n tand of twee wat stukkend gekners word kwyt.

Die ironie is dat daar min, indien enige, Afrikaanse insette was wat tot die SAUK se planne bygedra het.

Op ander fronte is daar wel Afrikaanssprekendes teenwoordig in die stryd om Afrikaans ’n plekkie onder die son te gun, selfs “net” dit waarvoor die Grondwet voorsiening maak. Met die stryd op kampusse is dit dikwels Afrikaanssprekende wat teen Afrikaanssprekende te staan kom, en waar bitter woorde val, en ja, veral een gerekende hoogleraar so bitterbek is oor sy idees wat wetlike teenspoed kry, dat hy die waarheid erg in die koerante verdraai om sy teenstanders se motiewe verdag te maak.

Verskille in styl word ook dikwels teen mekaar afgespeel. Ja, dit is so dat heethoofde wat eers sê en doen voor hulle dink, die saak van Afrikaans enorme skade aandoen. Maar presies waar sou Afrikaans vandag gewees het as diegene wat die hakskene inskop en selfs die howe inspan nie ook in die spel betrokke was nie?

By die Universiteit van Stellenbosch het ’n interessante dinamika ontwikkel toe die bekende Afrikaanse skrywer en digter, Breyten Breytenbach, tot die stryd toegetree het, en wel vir die saak van Afrikaans. Breyten, wat tronkstraf vir sy aandeel in die stryd teen apartheid uitgedien het, is geen ideologiese liggewig nie. En onder die topskrywers was hy een van die weiniges wat nie ’n kleur of party aan die onreg gekoppel het nie, en onreg volg en beveg ongeag wie daarvoor verantwoordelik is.

Dit is nou ’n formidabele “span” wat die US-bestuur se planne aandurf om Afrikaans se rol te verskraal. Daar was pogings uit “die ander dampkring” om Breyten en sy invloed “uit te haal”, maar presies hoe ’n swaargewig Breyten is, is hopeloos onderskat.

Die stryd om Afrikaans moet fatsoenlik geskied. Of dit nou is met oupagrootjie se benadering van “met die hoed in die hand kom men deur die ganse land” en of ’n meer aktivistiese benadering gevolg word, dit moet fatsoenlik wees. Vir elkeen is daar ’n ruimte solank hy of sy nie in styl die ernstige pogings van ander in die wiele ry nie.

Die volgende paar maande gaan interessant wees. Hoe nader die verkiesing kom, hoe meer ministers ontdek hulle kan eintlik Afrikaans praat, al is dit nou nie baie goed nie. Dikwels word die geelwortel uitgehou. Die belangrikste is om te onthou dat daar ook ’n era ná die verkiesing is, en dat geelwortels dan bitter skaars word. Dit beteken nie dat elke blykie van goedgesindheid nie op die regte manier beantwoord moet word nie (wat nou nie die wegdobbel van stemme insluit nie).

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

21 Kommentare

Garath ·

Dit is verkiesingstyd. Wen mens Afrikaanse stemme met sulke nonsense?

Tiger ·

Ons het in 2008 7de Laan en SAUK tv ophou kyk agv die subtiele breinspoeling wat stilletjies ingesypel het in die program.Dit sal nou MEER AS BAIE verg van die SAUK om ons terug te lok en ‘n Afrikaanse kanaal sal nie sommer oornag vir ons werk nie .Daar is faktore wat ons terugkeer beslis sal bepaal.Een daarvan is ras vermenging .Jammer maar ons staan nie daarvoor nie!

Sarie ·

Ek sien darem die Dept Afr/Ndl het ook bygekom. Wag nog vir Leon De Stadler en die Zopvoedkunde Dept. ‘n Interessante betoog wat Dan Roodt op Praag geplaas het. Sal seker nie die konvensionele media bereik nie, maar nogtans die moeite werd om te lees. As die SABC Afrikaners aanstel om die nuwe kanaal van die grond af te kry sal dit werk. Hulle kan sommer ‘n resep vir die ander tale ook probeer uitwerk. By ons ander Afrikatale is nog baie werk nodig. Dit is krities dat daar meer aandag gegee word om moedertaalonderrig te bevorder en ook die selfbeeld van die sprekers te verbeter.

Pieta ·

Wat is die titel van Dan Roodt se betoog en onder watter van die verskillende identiteite verskyn die skrywe?

Burger ·

Gehou van die woord fatsoenlik in die konteks .

Die gesindheid waarmee ons die taal lewendig wil hou gaan belangriker wees as enige van die ander platforms wat geskep word hiervoor. Die pragtige taal gebruik deur die meeste mense in die land , het ongelukkig n stigma . Dalk nie so onverdiend nie .

‘n Oorlog vir Afrikaans sal nooit tot afhandeling kom nie. n Oorlog sal dit bly . Ons kan nie n taal red as ons nie hart het en wys vir die res van die land se inwoners nie. Dit is al platform wat sal werk , veral as jy in getalle die minderheid is met reukie .

Dit gaan van indivudue verg om anders te dink en aan te pas. Om n taal te red met n konsitusie is soos om n breindood mens te keer dat hy sterf.

Sarie ·

Engels as onderdrukkende taal in die verlede (dink maar Milner en sy donkieplakkate) en hede het ook maar ‘n klankie veral op die gebied van moedertaalonderrig wat baie van die tweede taal sprekers op skoolvlak en naskool laat struikel in hulle ontwikkeling. Ek sal graag wil sien dat die politiek heeltemal ter syde gestel word en besluite slegs op taalkundige ,opvoedkundige en konstitusionele beginsels besluit word.

Dirk Breytenbach ·

Breinspoeling, daar gaan niks van kom nie. Dis verkiesingstyd.

E ·

Dit kan ek nie glo nie! By die universiteite lyk dit dan so anders?

hans ·

In sogenaamde Afrikaanse stories/sepies word soveel ander afrikatale gepraat dat dit eintlik nie meer regtig n Afrikaanse program is nie. Dink nie andertalige akteurs gaan sommer uit die stories/sepies geskryf word nie.

Piet Snot ·

Blaas my siel, het Tant Stienie gesê.
Is dit 1 April?

Henry ·

Indien mens na die siele by die Essybiesie kyk wat aan die stuur van sake by ‘His master’s voice’ is, kan daar nie veel optimisme oor ‘n Afrikaanse kanaal wees nie. Om nie eers oor die kwaliteit en/of neutraliteit van so ‘n kanaal te praaaaat nie.
Nietemin. Vermoedelik is dit bloot nog een van hul hoof – Motsoeneng – se fabels. Hy spesialiseer mos in allerlei sprokies. ‘n Matriek kwalifikasie wat hy toe nie regtig-egtig besit nie, reuse salarisse en bonuse wat hy aan homself, sy pelle en pellinne toeken ens ens ens.
Ter aansluiting by Herman Toerien vermoed ek ook dat die volgende maande heelwat nuwe narstreke in die regime se sirkus sal oplewer.

FJD ·

Ek dink nie dat dit sal gebeur nie want dit sal seker wees soos 7de laan – Afrikaans met Engelse onderskrifte DIT is nie ‘n Afrikaanse kanaal nie

Tina ·

7de laan was n baie gewilde en geliefde afrikaanse program. Wat hulle nou so opgemors het dat kinders onder 13 dit nie meer mag kyk nie. Vir watter rede is Daar nou n ouderdoms beperking op. En hoekom is die storie nou so swak dat al die ou spelers loop!

marlene ·

Betaalkanaal Binnelanders…taalgebruik laat deesdae veel te wense oor…zy wiet daai ding…

Zirk ·

Daardie kamtige net Afrikaanse TV kanaal droom word met die grootste denkbare agterdog bejeen. Sien is glo. Waarom die nou skielike toenadering en toegewings aan die Afrikaner, die geswore vyand nommer EEN.?
Is dit dalk die laaste fase van die ANC( lees regering), se subtiele poging, om Afrikaans en die Afrikaner die finale nekslag toe te dien? Dink maar net aan die eindelose moontlikhede om die TV te gebruik vir geleidelike breinspoeling van die massas. Maar kom ons kyk wat lewer die toekoms op. Dalk net ‘n windeier.!

TM ·

Ek dink nie ons hoef opgewonde te raak oor hierdie nuwe Afrikaanse kanaal nie. Hulle gaan al die ou kassette in die argiewe afstof en ons gaan al die ou reekse en goed weer sien. Ek weet nie of iemand kan onthou toe hulle so ‘n tyd terug ‘n advertensie op SABC gewys het van waarna ons kan “uitsien” met die nuwe digitale TV nie. In daardie advertensie het hulle net ou programme gewys en herhalings vir Afrikaans. Die SABC het nie geld om nuwe programme te koop nie en die kompetisie betaal veel meer vir nuwe materiaal so ons gaan meestal net tweedehandse goed sien. Ek gaan glad nie 100de rande betaal vir betaal-tv nie en ek kyk bitter min SABC. Ek gebruik die Internet om op te vang op my daaglikse nuus en my vermaak is flieks kyk so ek mis TV glad nie.

Tinus ·

Sit n prys op elke kanaal dat ek kan kyk wat my pakket my sal uitwerk. Ek soek nie vooraf gemaakte pakkette nie. Dis net n geldmaak storie om mense se geld te vat vir heruitsendings. Sport, nuus en 144 is basies al waarin ek belangstel. Andersins kan sauk maak net wat hulle wil want mens kan een ding nie oor en oor kyk nie. Dstv is op die afdraande pad en menigte mense betaal maandeliks v snert.

Chris Ws ·

Ek het my rug op die sauk gekeer in 1994 toe hulle na die anc aan bewind gekom het ,al die programme begin verander het om die “agtergeblewenes” te bevoordeel.M.a.w.die wat nooit tv lisensies betaal nie ten koste van die wat wel elke jaar betaal.Ek het my lisensie per brief gekanselleer en my redes mooi uiteengesit.7 jaar later kry ek ‘n brief wat se ek skuld R2700 vir tv lisensie geld plus boetes.Na ‘n paar oor en weer skrywes oor sowat 6 maande is dit toe eendag uitgesorteer en ek het nie weer van hulle gehoor nie.Nooit weer sauk tv gekyk nie en sal ook nie al doen hulle wat.’n Afrikaanse kanaal nogal?Dis bog stories .Die sauk is HEELTEMAL teen Afrikaans!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.