Nuuskommentaar: Hier kom Trump II, of nie?

Boris Johnson. (Foto: AP Foto /Geert Vanden Wijngaert)

Pres. Donald Trump se steun vir Brexit en beloftes van steun aan ’n Brittanje los van die Europese Unie het skynbaar die weerstand teen Brexit erg geknou. Boris Johnson, ’n groot voorstander van Brexit, het pas die eerste ronde van die verkiesingstryd om ’n opvolger vir Theresa May te kies so oorweldigend gewen dat dit moeilik is om te sien dat ’n ander nog voor hom gaan inspring.

Boris Johnson, oudminister van buitelandse sake in Brittanje, se oorweldigende oorwinning in die eerste ronde van die Tories se premiersverkiesing, het sommer vroeg die wind uit die seile van sy kritici gehaal. Johnson se oorwinning was so groot dat hy, objektief gesproke, binnekort vir Theresa May sal opvolg as inwoner van 10 Downing Street.

Sy kritici soek egter desperaat na ’n haas om uit die Engelse pluiskeil te trek. As al Johnson se teenstanders konsekwent vir ’n Johnson-teenstander stem nadat hulle self uitgeskakel geraak het, en die gewone Tory-lede dan in die finale ronde vir Johnson se teenstander stem, is ’n soort wonderwerk tegnies moontlik. Opgewondenheid oor dié vooruitsig lyk egter nie te goed nie.

Johnson het in die eerste ronde van stemming 114 (36%) van die 313 stemme van Tory-parlementslede getrek. Sy naaste teenstander, en huidige minister van buitelandse sake, Jeremy Hunt, het 43 stemme getrek, Michael Gove 37, en Dominique Raab 27. Die enigste twee vroue in die wedloop en Mark Harper het in die eerste ronde uitgeval omdat hulle nie die sub-minimum stemme kon trek nie.

Verskeie verdere uitdunrondes volg nou, alvorens die twee topkandidate in ’n posstemming deur Tory-lede landwyd teen mekaar te staan kom.

Johnson, wat deur baie mense as ’n Trump die tweede beskou word weens die fisieke ooreenkomste, asook soortgelyke standpunte en werkswyses, is ná die eerste ronde deur verskeie koerante, ook uit die vasteland, as oorweldigende gunsteling beskryf.

Trump en Johnson is albei groot voorstanders van Brexit.

Tegnies is die Brexit-kwessie nou van akademiese belang. Met die verkiesing-tydsverloop kan Brittanje nie meer die finale afsnydatum haal om nog te besin oor Brexit of nie. Boonop het die Europese onderhandelaars aangedui dat hulle weier om verder te onderhandel. Johnson, wat gaan probeer om Brittanje op 31 Oktober 2019 uit die Europese Unie te laat tree, hoop egter tog om die Europeërs se arms vir verdere onderhandelinge gedraai te kry.

Die Britte sou met Trump se onlangse staatsbesoek heelwat kon baat by selfversekerdheid omdat Trump sy volle steun aan die Brexit-aanhangers gegee het. Dit lyk dus of die Britte nie bang hoef te wees vir enige moontlike verskuilde nadele verbonde aan Brexit nie.

Trouens, die versekerings maak dit byna irrelevant of die Britte die EU met of sonder ’n ooreenkoms verlaat. Sielkundig was Trump se versekerings soos manna uit die hemel vir die Britte wie se selfbeeld deur die rugstyfmakery van die Europese onderhandelaars geskud is. Johnson dui egter aan dat hy nie “per se” op ’n Brexit sonder ooreenkoms afstuur nie.

Johnson het sy beeld as Trump II pas weer gestand gedoen deur die Europese Unie met die ryke van Hitler en Napoleon te vergelyk. Hy het goed daaroor deurgeloop en toe gereageer deur te erken dat hy dikwels deur sy uitsprake groot golwe veroorsaak.

Hy het egter bygevoeg dat sy woorde dikwels doelbewus deur wanvoorstellings geïnterpreteer word. In tipiese Trump-styl sluit hy af: “Politici moet egter besef dat die publiek van ons vervreemd voel omdat ons nie reguit sê wat ons dink nie, aangesien ons alles met burokratiese taalgebruik verdoesel. Die mense wil niks anders weet as dat hulle van ons hoor wat ons regtig dink nie.” Ook hy span Twitter gereeld in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lolla ·

Trump lyk darem nie of hy deur ‘n wind storm geloop het nie.

Charles ·

Man, daai frases lê so naby aan my hart!
KEEP AMERICA GREAT ALWAYS 2020!

Grassie ·

Johnson gaan sterk teenstand kry van die groot Moslemgemeenskap in Brittanje.
Ek het lekker gelag vir sy posbusstorie.

Annie Webb ·

Mooi! Die wêreld kort op hierdie tydstip nog ‘n dosyn of wat Trompies. Met of sonder hare.

Dries du Toit ·

Nog n man wat eerlik se wat hy dink. Die wereld is gatvol vir mooi broodjies bak deur oneerlike politici.

Hendrik ·

Die mense is g..tvol vir die gatkruiper politikuste wat alles en almal oor die wereld wil please in stede van om HULLE EIE LAND te regeer en te doen wat is die beste VIR JOU EIE LAND.

Ek laaik die ou, hy draai nie doekies om nie – die wereld raak moeg vir die liberale siek apologete wat alle en almal wil saamsmelt en ons vryheid van spraak, assosiasie en regte wil vernietig en die wereld verander in globalisme… dit sal nie werk nie soort soek soort en kla !

Gert van Wierdapark ·

Stem saam dat Johnson Brittanje se Troef vir Trump is = Boris Troef!!!

Leonard van der Dussen ·

Die buiteland gee nie regtig vir Suid-Afrika om nie, en nog minder vir die Afrikaner; maar die verwikkelinge in die buiteland verander werkswyses en sienings, en dit loop in die rigting van ‘n terugkeer na ‘n soort nugterheid. ‘n Meer nugtere erkenning dat daar volke is, en dat volke mag wees, en dat nie almal so gelyk is as wat die mens graag dit wil maak nie, bring moontlikhede vir ‘n nugterder besef vir die Afrikaner se plek in Suid-Afrika.

Griet Skryf n Sprokie... ·

SA SÓÉK OOOK DESPERAAT NA Ñ BLONDE TRUMPIE..!!,

Gert ·

Ek dink dis bietjie gou om Johnson gelyk te stel met Trump, veral net omdat altwee baie hare het. Trump is ‘n baie indrukwekkende persoon, wat reeds baie groot sukses behaal het in baie ander velde voordat hy president geword het. Die stories oor Johnson is meestal nie baie goed nie, maar nou ja, die media is heeltemal onbetroubaar.

Arnold Botha ·

Mr Toerien ek dink nie Trump se kommentaar “het weerstand teen Brexit n knou gegee nie” jou liberale onderrok hang dalk uit ,as jy reg onthou het die meerderheid Britte vir Brexit gestem ,soos die meerdeheid “colleges” vir Trump ingestem het,al wat nog kort is n politikus wat bereid is om sy elektoraat se “stem” prakties aan te wend .

Disselboom ·

Of mens nou van Trump of Johnsons hou of nie – die wêreldverhoog raak weer bietjie kleurvol en opwindend. Interessanter as ‘n kriekettoernooi waar die een wedstryd na die ander uitreën.

khat ·

ek like die man hy doen wat hy se nes Trump die wereld is nou gatvol vir beskerming van issis en moslems wat alles wil oor vat en die mense se dis nou genoeg moslems moet terug na hulle lande en die gelowegis uit los tyd dat christene op staan en het mense soos Biris en Trump nodig om dit te doen die clintons en obamas het te veel na moslem pype gedans

Susna ·

Winde van veranderinge nou aan die orde van die dag. Hoogtyd dat gewone burgers se behoeftes in ag geneem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.