Nuuskommentaar: Is wit swaarkry onsin?

(Argieffoto)

Kla wit mense met die brood onder die arm? Prof. Anton van Niekerk se jongste rubriek verwys na wit mense se kla oor swaarkry as “onsin”. Hy kan verwag om hieroor teenspoed op die lyf te loop.

Met statistieke kan enigiets bewys word, lui die nie-amptelike spreekwoord. Tog, al word statistieke gereeld polities ingekleur, ongeag die doel daarvan, is dit nie iets wat sommer saam met die badwater weggeslinger moet word nie. Statistieke, veral baie akkurate statistieke, is uiters belangrik om onder meer ’n land se ekonomiese prestasie of droogmakery mee te meet, en aanpassings te maak. Talle faktore, en selfs wetmatighede, moet ingereken word voor die prentjie volledig afgehandel kan word. Deur dit nie te doen nie, kan iemand met ’n bloedrooi gesig gelaat word, en as die een te dikvellig is om ’n rooi gesig te kry, kan hy verwag om erg onder statistieke wat die teenoorgestelde bewys, deur te loop.

En statistieke moet NOOIT gebruik word om een verkeerde ding met nog ’n verkeerde ding te probeer regstel nie. Dit sou in elk geval ongrondwetlik wees, selfs al word die begrip transformatief ook op die mees goedbedoelde of bedenklike manier ingespan.

Die opskrif van prof. Anton van Niekerk se jongste rubriek, “Staak onsin oor dié ‘swaarkry’”, is waarskynlik ook meer op aandagtrekkery gemik as om die nodige belangstelling deur akkuraatheid te vestig.

Die tema van Van Niekerk se rubriek is egter in eie reg omstrede – dat statisties aangevoer word baie wit mense kla spreekwoordelik met die wit brood onder die arm oor die sosio-ekonomiese agteruitgang wat hulle sedert 1994 beleef. Nuwe luukse strandhuise wat opskiet wil die teenoorgestelde te kenne gee. Nuwe, of groeiende wit plakkerskampe is nie so gereeld in die nuus nie, maar skok baie Suid-Afrikaners tot stilstand.

Deur saakmakende statistieke wat konteks bied kan statistieke erg misleidend wees. Om die oorsaak van versadigde groei op die welvaartspad te bepaal sonder om kennis te neem, of te veel relevansie te plaas op iets soos “oorgeërfde welvaart” gaan die navorser van die wal in die sloot beland. Daar is bepaald gevalle waar meer mense van een ras ’n voorsprong bo ander kry deurdat hy in ’n familie-onderneming voordeel trek. Dat die ergste droogte in menseheugenis in sekere distrikte in die bestek van een geslag ’n opgeboude voordeel wat oor ses of meer geslagte opgebou is, kan uitwis het te min met ras te make om as ’n sinvolle faktor vir rasgebaseerde faktor verreken te word.

Oorgeërfde welvaart word ook in ’n oomblik gewis as ’n knap wit amptenaar wat op meriete voorkeur bevorderbaar is, homself bo-sterkte, en daarna weens sy velkleur, of politiekery, sonder werk bevind en nie die broodnodige terapie vir sy pasgebore gestremde kind kan bekostig nie. Die oorgeërfde welvaart (waar dit in die eerste plek bestaan het) is blitsvinnig uitgewis. En die Openbare Beskermer se finale verslag is ná twee dekades nog nie uitgereik nie, ná in die voorlopige verslag in sy guns beslis is. En dit is nie ’n fiktiewe geval nie.

’n Tweede, nogal statistiese gegewe, wat selde verreken word, waarskynlik weens die politiek-inkorrektheid daarvan, is die kwessie van gesinsgroottes. Ongelukkig is die “service not available” van ’n studie wat vermoedelik geoordeel uit die opsomming die nodige statistiese data sou verskaf om sinvol oor die onderwerp te kon besin, “’n Ontleding van privaatverbruikersbesteding in Suid-Afrika”. Verskeie ander studies oor gesinsgroottes is ook “not available”.

Enige ouer sal weet wat dit per kind kos om die kind tot die vlak van ekonomiese onafhanklikheid te versorg. Hoe meer kinders, hoe minder geld is daar per kind beskikbaar.

Hierdie “debat” is egter nie nuut nie. Maroela Media se nuuskommentaar van 21 Mei 2013 het die kwessie reeds ontleed, en handel oor ’n BBC-artikel wat die vraag vra of wit mense nog ’n toekoms in Suid-Afrika het. Die vraag kom ook nie uit die lug nie, maar is geskoei op navorsing wat deur AfriForum gedoen is. Let wel, AfriForum het nie tussen wit, swart en bruin onderskei nie, maar Jackson Mthembu het AfriForum van dislojaliteit teenoor die land beskuldig. Dit, terwyl AfriForum die vinger in die ANC se oog gesteek het, en kritiek op ’n regerende party nie dislojaliteit teenoor die land is nie. In teendeel, as die regering droogmaak soos by herhaling al bewys is, is kritiek teenoor die regerende party juis lojaal.

In die betrokke nuuskommentaar word gewys op die regering se gewoonte om hom op die syfers van Statistieke SA te beroep. As dit in 2013 was, moet dit nou met ’n knippie sout geneem word nadat berigte onlangs gedui het dat SSA se syfers binnekort niks meer kan beteken nie – en die bron is die uittredende statistikus-generaal, Pali Lehohla. Hoeveel beteken werkloosheidsyfers vir verskillende bevolkingsgroepe as beskikbare statistieke oor die aantal jong mense per ras wat in die buiteland gaan werk, nie verreken word nie?

Dit is Van Niekerk se reg om kritiek te gaan uitdeel waar hy voel dit is gepas, maar hy moet ook gereed wees om kritiek op die lyf loop as dit sou blyk dat die swaarkry meer substansie het as om dit bloot as onsin af te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eerlik ·

Baie blankis vir laat die land as hul nie in SA werk kry nie.

HOBBO ·

Swaarkry veroorsaak deur aarbeid afskaling is werklik! Wit mense word nie gespaar nie. Nie almal is geseend met die talent om self n onderneming te bedryf nie. Dus is die werkgewer n belangrike skakel in ons samelewing. Dit is net so dat sodra n wit mens sy werk verloor hy of sy die kleinste kans het om in korporatiewe SA weer werk te bekom.

Miertjie ·

Ek sit ook al vyf jaar sonder werk. As jy mos 55 en ouer is het die myne en ander nywerheid mos nie plek vir jou NIE. Ek hoop jy dank God ook op jou kniee dat jou dogter darem werk het en jou kan help. Soveel se kinders krepeer saam met hulle ouers. Mag God ons seën, behoed en bewaar. Hy is groot en magtig.

Anoniem ·

Statistiek Suid-Afrika se tegniese vermoee”ns is besig om erg agteruit te boer, omdat bekwame (wit) statistici verbete uitgewerk word. Jy gaan binnekort hul uitsprake met ‘n hele sak sout moet neem.

Alet Klaassen ·

Hy kan maar bietjie in Rustenburg kom draai en kom kyk in die skole en by plekke waar mense in rye staan vir kos. Hy sal vinnig ‘n ander deuntjie sing. My mense kry swaar. Dit breek jou hart.

Bernice ·

Hy het nie n idee waarvan hy praat nie ons het die naweek vir 625 minderbevooregte mense n kersboom gehou en glo my meeste van hulle kan nie bekostig om te oorleef in vandag se ekonomie nie en wat nog van werk B.E.E vat hulle werke van hulle af ek weet van n boemelaar op straat wat n ingeneur was by telkom wat als moes verkoop vir oorlewing so as jy nog nie betrokke was by die mense en hulle omstandighede ken nie hou eerder jou BEK!!!!!!

JJ ·

Wie is die gek wat sulke twak kwydraak.Dis nie net blankes op straat wat sukkel nie.Blankes werk vir so min as R1500 per maand net om ten minste iets in te bring want daar is nie ander werk vir blankes nie.Blanke karwagte word selfs vervang met uitlanders en word genoodsaak om op hoeke te bedel.Ja daar is kansvatters maar het die man navorsing gedoen om te staaf wat uit sy pen kom?

Marietjie Stander ·

Ek dink die skrywe moet wit plakkers kampe besoek, dan sal hy swaar kry verstaan. Hy kla dalk met die witbrood onder die arm. Gewone Suid Afrikaners leef van die hand na die mond… ons word verdruk. Ons kry nie werk nie. Ek dink nie die skrywer verstaan nie,want hy was nog nooit daar nie.

bokka ·

Ja, kla met die witbrood onder die arm meerendeels. Daar is blankes wat baie arm is en swaar kry maar miljoene swartes lewe onder die broodlyn en woon in haglike omstandighede. Met die gemiddelde wit persoon gaan dit nog goed. Kortom, die gemiddelde wit persoon is beter af as as die gemiddelde swart persoon.

Petrus ·

Daar is drie miljoen wittes en 55 miljoen swartes. Met wie sal dit relatief beter gaan?

Thereza Bekker ·

Van Niekerk kry jy ñ salaris van R1780. per maand & hoe betaal jy huur & krag waar is die kos nog! Jy weet nie waarvan jy praat nie.

Casper Labuschagne ·

UIt ‘n onlangse StatistiekSA verslag oor ongelykheid – die mediaan (die syfer presies op 50%) maandelikse uitgawes vir wit huishoudings is ongeveer R9,400. Dit beteken 49.99% wit huishoudings bestee minder as dit maandeliks al die pad af na absolute armoede toe. Vir onder R10,000 per maand huur jy in ‘n arm woongebied, het jy nie medies of motorpaaiemente nie en kan jy nouliks skoolfooie bekostig. Spaar en investering is net ‘n droom. Die top 5 miljoen swart huishoudings verdien betekenend meer as die totale wit bevolking van 5 miljoen. Anton van Niekerk moet ‘n slag uit die borrel van die ryksmansbuurte in die groot stad kom en kyk na Afrikaners op die plattelandse dorpe en arm voorstede. Andersins kan hy gerus meer van Statistiek SA se publikasies bestudeer en met werklike feite werk.

Willemien ·

Prof het nog nooit self swaar gekry, maak jou mond toe en oë oop!!!!

Rika ·

Nou goed, kla ek met ‘n witbrood onder die arm? My man kry geensins ‘n betrekking op enige plek nie, vir die laaste 3 jaar al. Ons bly ook in ‘n plattelandse dorpie en die dames se salarisse hier in ons omgewing is gewoonlik bitter laag. Werkgewers loop met die idee rond dat jy woon in ‘n mynersgemeenskap, so jou man verdien ‘n goeie salaris, het medies en pensioen en behuising, hoekom moet hulle dan vir ‘n vrou ‘n groot salaris betaal. Ek sorg die afgelope 3 jaar vrou alleen vir ‘n gesin van 5. Ek is so ver agterstallig op my water en ligte rekening, en het byna daagliks skuldeisers wat bel en aanhou vir betalings. Nie luukse skuld nie, agterstallige skoolgeld. Intussen probeer ‘n mens so hard om liggaam en siel aan mekaar te hou en die moeite waardeur ons gaan dat die kinders nie moet agterkom hoe uitgestress mens raak nie. Ek kan verstaan hoekom mense, veral die tyd van die jaar sommer selfmoord pleeg of gesinsmoord, die druk wat skuldeisers op mense plaas is regtig erg. Wanneer iets oppak as gevolg van die “load shedding” soos ‘n yskas of TV, is daar doodeenvoudig nie geld om dit te vervang nie. Die balju kom by mens se huis aan, dan kry mens so skaam omdat daar niks is wat hulle kan opskryf nie. Ag nee, die skrywer moet weer besin en nie veralgemeen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.