Nuuskommentaar: Ruk die wetenskap handuit?

Amasone. Foto: Foto’s: Christian Science Monitor

Die afgelope dekade of so het dit duidelik geword dat ’n gevorderde beskawing die Amasone bewoon het voor die eerste westerlinge meer as 500 jaar gelede voet in die Amerikas aan wal gesit het. Foto: Christian Science Monitor

Met die bekende fisikus, Stephen Hawking, wat pas in ’n tydskrifonderhoud opnuut gewaarsku het oor die gevare van kunsmatige intelligensie wat ’n bedreiging (maar ook geleenthede) vir die mensdom inhou, stel ander wetenskaplikes ’n manier voor om Mars meer bewoonbaar te maak.

Die Mars-voorstel behels kortweg dat ’n reusemagneet tussen die son en Mars “geparkeer” word net daar waar die twee hemelliggame se swaartekrag mekaar neutraliseer. So ’n reusemagneet kan genoeg van die skadelike sonstrale afkeer dat ’n kettingreaksie op Mars begin word wat die planeet weer groen kan maak, met selfs moontlik ’n klein oseaan.

Dis nog lank nie die vlakke van bewoonbaarheid wat Mars miljarde jare gelede beleef het nie, toe sowat tweederdes van die planeet vermoedelik met ’n oseaan bedek was.

Byna terselfdertyd kondig ander wetenskaplikes aan dat ná twee jaar lange navorsing vasgestel is dat ’n aartappel-variëteit in Marsgrond, en onder ekstreme omstandighede, kan groei en kos lewer.

Amasone. Foto: Christian Science Monitor

Die afgelope dekade of so het dit duidelik geword dat ’n gevorderde beskawing die Amasone bewoon het voor die eerste westerlinge meer as 500 jaar gelede voet in die Amerikas aan wal gesit het. Foto: Christian Science Monitor

Hawking, wat al talle omstrede stellings gemaak het, se jongste sal seker weer onder groot kritiek deurloop. Dié keer moontlik nie oor die wetenskap daaragter nie, maar sy “oplossing” van ’n wêreldregering.

Beskawingsprestasies is nie nuut nie. Die afgelope dekade of so het dit duidelik geword dat ’n gevorderde beskawing die Amasone bewoon het voor die eerste Westerlinge meer as 500 jaar gelede voet in die Amerikas aan wal gesit het. Onder die bewyse wat onder die ruie lower uitkom, is diep slote wat in allerlei vorme gemaak is. Daar is ook enkele “Stonehenge”-tipe strukture, en die oorblyfsels van nedersettings is gevind met breë paaie, selfs met kanale weerskante waar per kano gereis kon word. Oorblyfsels van kasawa-landerye is gevind, en nou is vasgestel dat baie van die ou nedersettings deur plante en bome soos Brasiliaanse neute-, kakao- en rubberbome omring was. Trouens, deur sulke kolle met inheems versorgde bome op te spoor, kan nedersettings opgespoor word wat voorheen argeoloë se oog ontglip het.

En onthou, voor Columbus die Amerikas herontdek het, het die Ou Wêreld nie pampoene, aartappels, tamaties, patats, mielies, sekere boontjie-tipes, die Jerusalem-artisjok, rissies en soetrissies, pynappels en vele meer geken nie. Probeer nou ’n nagmaalete beplan sonder om van hierdie kossoorte wat die Bybelse mense nie geken het nie in te sluit! Die inwoners van die Nuwe Wêreld het in baie gevalle dié kossoorte uit die vreemdste kombinasies geteel. Ons het tot betreklik onlangs nog geleer dat die mielieplant se wilde voorouer nog nie bepaal kon word nie, maar deesdae weet ons dit is uit teosinte geteel.

Terwyl die mediese wetenskap daagliks enorme deurbrake maak, en verskeie soorte kanker nou reeds oor geneesmiddels beskik, word daar nog kliphard gewerk aan geneesmiddels vir ander tipes kanker. Die jare lange stryd om ’n geneesmiddel vir MIV/vigs te vind wys hoe besonder moeilik dit kan wees.

Soms raak die wetenskaplike metodes omstrede, soos die tegniek wat pas in die VSA goedgekeur is vir eksperimentele toepassing op die mens. Hiervolgens word ’n skadelike geen in die fetus opgespoor, en deur ’n ander, gesonder geen vervang.

Wanneer die proses vervolmaak is, sal onder meer borskanker voorkom kan word, maar ook ernstige getremdhede wat ’n kind andersins lewenslank gestremd en in die allergrootste pyn sou laat. Pas is aangekondig dat Suid-Afrikaanse dokters ’n soortgelyke metode ontwerp het om hartversaking by veral jonger mense te voorkom. In Chili het wetenskaplikes daarin geslaag om die geen wat lang bene by ’n klein soort dinosourus veroorsaak het, op die embrio van ʼn hoender oor te plant. Teen die tyd dat die eksperiment in die eier beëindig is, het die lang bene van die embrio reeds duidelik op plate gewys. (Kyk die video hier)

Wetenskaplikes is dit eens dat dié metode nie vir die omseiling van infertiliteit gebruik moet word nie. So kan immers tegnies “ontwerperskinders” “geskep” word.

Die morele vraagstuk hieromtrent kan moontlik ten beste geïllustreer word aan die hand van Christen-dokters wat in die behandeling van siektes soos kanker sê hulle self kan nie genees nie. Die Here het hulle egter die talente gegee, en die geleentheid om te studeer en praktiseer. Maar uiteindelik is dit net die Here wat gesond maak.

Op ’n meer komplekse skaal. Die toekomstige moeder word ingelig haar ongebore fetus gaan ’n baie ernstige, pynlike afwyking hê. Sy kan die geboorte normaal laat voortgaan, sy kan ’n aborsie ondergaan, of sy kan die defek geneties laat herstel.

In die jongste verlede het verskeie wetenskaplikes egter gekla dat daar ’n groeiende aantal mense is wat bloot verklaar dat (die natuur-)wetenskap “nonsens” is. Daar word selfs pseudo-wetenskappe geskep om plaasvervangende idees vir die wetenskap daar te stel. Dit lei dikwels tot bitter debatte.

Die vreemde is egter dat hierdie mense baie selde enige beswaar het om die vrug van die wetenskap te benut. Hulle span hul rekenaars en die internet in om dieselfde wetenskap wat dit moontlik gemaak het, sleg te sê (dit gaan baie dikwels veel verder as bloot gemotiveerde kritiek). Wanneer hulle vir hul kinders oorsee gaan kuier, reis hulle luglangs, en nie met ’n uitgeholde boomstam oor  die see nie. Hulle eet kossoorte wat lank gelede deur vindingryke mense gekweek is, soos die Andes-mense wat verskeie plantsoorte, waaronder die stinkbos, met mekaar gekruis het om ’n groot verskeidenheid aartappels te kweek. Slegs ’n handjievol soorte word al gebruik.

Sommige vorme van verset is meer bekend, soos die verset om te weet dat klimaatsverandering plaasvind, en nog minder dat die mens die situasie wat deur sonsiklusse begin is, buite beheer laat handuit ruk het.

Ja, die uwe is self een van daardie mense wat slange en skerpioene wil kou wanneer ’n rekenaarprogram wat presies gedoen het wat ’n mens wou hê, opgegradeer word en ’n mens moet sukkel om die nuwe weergawe weer onder die knie te kry. Het dit dan gejeuk?

Ja, maar die uwe is self ’n kankerpasiënt wat twee kankers het, waarvan die een ongeneeslik is. Dit kan darem onder beheer gebring word, maar die stryd om daar te kom is moeilik. Die literatuur word dus gretig gevolg om te sien wanneer, en of, ’n geneesmiddel op pad is. Kan so iemand verkwalik word as hy wrewelrig raak met mense wat sulke navorsing as boos uitskel?

’n Groot gevaar is dat die kritiek, en veral die manier waarop kritiek gelewer word, daartoe kan lei dat publikasies kopsku raak om nuus van ’n wetenskaplike aard te dra. Dit terwyl die land ’n tekort aan wetenskaplikes het.

So word medelesers van hul reg om te weet beroof.

Onthou, die wetenskap / natuur is een van die openbaringswyses van God. God is immers die Skepper daarvan.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
WL

Ons sien nog net die begin van wetenskaplike/tegnologiese vordering. Oor die volgende paar dekades sal dit eksponensieël groei.

Nerina

Wetenskaplike/tegnologiese vordering is so oud soos die mensdom self. En net so oud ook is die verset daarteen in ‘n mindere of meerdere mate.
Vorder gaan die mens vorder, dis in ons genetika en ‘n feit soos swaartekrag……ons kan in elk geval nie daarsonder voortbestaan nie.
Ek staan verwonder, beiindruk en dankbaar vir al die ontwikkeling deur die eeue wat my lewe vandag soveel makliker maak.
Voorwaarts met onwikkeling!

humor

Herman baie interessant en selfs kommerwekkend, en ek waardeer veral jou laaste opmerking in jou skrywe. Sterkte met jou stryd.

John

Wat wil die outeur presie aan ons oordra? Ons ken ook die bogenoemde feite of geite. So, waaroor dit blykbaar gaan is die woord ‘kritiek’. Dit duik telkens op. Dus: Bly stil lesers. Ek se en julle luister. Nee Herman. By ‘n matriek-debatsvereniging sou jy lekker aftjop. Ons hou van jou skrywe, maar ander menings is ook nodig.

Piet Le Roux

Dogmatiek en wetenskaplike feite hoort nie op dieselfde bladsy