Nuuskommentaar: Verwoerd méér as ’n man van sy era

Dr. Hendrik Frensch Verwoerd. Foto: Archiv für Kunst und Geschichte, Berlin

Dr. Hendrik Frensch Verwoerd. Foto: Archiv für Kunst und Geschichte, Berlin

Daar heers ’n gewyde stilte in die skoolsaal. Die skoolhoof het pas ’n gediggie voorgelees wat ’n skoolseun geskryf het ná die nuus dat dr. Hendrik Verwoerd, vermoor is.

Vandag word Verwoerd en sy bewindstyd, soms na verwys as die Verwoerdiaanse tydperk, in baie kringe as nét sleg aangebied. Dit word ook aangebied as synde sinoniem met apartheid, ’n beleidsrigting wat deur die VN uiteindelik tot misdaad teen die mensdom verklaar is.

Maar Verwoerd was veel meer as net ’n eksponent van apartheid. Sy regering het ’n landboubeleid, gesondheidsbeleid, huisvestingsbeleid, onderwysbeleid en vele meer gehad, en bedrae geld is in hierdie aspekte gepomp wat dikwels gunstig vergelyk met die latere HOP-skema’s, die finansiering van onderwys en vele meer.

In die uitvoering van goedbedoelde beleid het daar dikwels baie slegte dinge gebeur, maar so is dit vandag ook.

In verskeie artikels wat vandag ter herdenking van die moord op Verwoerd gepubliseer is, word op die kwessie van uiteenlopendheid van persepsies gewys. Prof. Hermann Gilliomee skryf op Netwerk 24 onder die opskrif, “Ek kon Verwoerd nooit veroordeel”. Hy bestee heelwat tyd aan die kwessie om van een persoon die sondebok te maak sodat die ander skotvry daarvan kan afkom.

“Daar is leiers erger as Verwoerd”, lui die opskrif van ’n artikel deur Murray la Vita, ook op Netwerk 24.

Die beleid van afsonderlike ontwikkeling – wat nie diskriminasie in die oog gehad het nie – het nog tydens Verwoerd se bewindstydperk beslag gekry. Kritiek was daar toe al baie, soos dat Verwoerd verkwalik is dat hy belangrike aanbevelings van die Tomlinson-kommissie “by die venster uitgesmyt het”.

Trouens, verskeie bronne wys daarop dat die weerstand teen die ontplooiing van apartheid oor so ’n wye front opgebou het dat selfs Verwoerd nie ’n kans sou staan nie.

Wat egter in gedagte gehou moet word, is dat die verskillende hantering van verskillende rasse toe nog wêreldwyd algemene praktyk was. Die Amerikaanse Civil Rights Act, waardeur die meeste vorme van segregasie in die VSA onwettig verklaar is, is eers in 1964 deurgevoer, twee jaar voor Verwoerd se dood. De facto-segregasie word volgens verskillende bronne steeds op verskillende maniere gevoer.

Ook Australië se White Australia-beleid is in fases oor baie jare afgetakel, en die laaste wetgewing hieroor is eers in 1975 op die wetboek geplaas.

Hoewel Suid-Afrika dus nie in beginsel so erg uitgestaan het nie, het verskeie lande en veral Indië gesorg dat Suid-Afrika wel uitstaan.

Verwoerd was ’n intellektuele reus en het dit ook in sy veelsydigheid saamgedra.

Verwoerd het ’n groot deel van sy skoolonderrig in Engels ontvang, maar sy ouers het na Brandfort in die Vrystaat verhuis waar hy matriek geslaag het en eerste in die Vrystaat gekom het. Hy het hierna by Maties gaan studeer, met die idee om predikant te word. Hy het egter gou sy kursus gewysig en sy doktorsgraad in sielkunde met lof ontvang.

Na uitgebreide buitelandse studie is hy aangestel as professor in sielkunde en in 1937 het hy redakteur van Die Transvaler geword.

In 1948 word hy politikus, en in 1950 word hy minister van naturellesake. Hy en die volkekundige, dr. Werner Eiselen, het begin werk aan ’n nuwe benadering naamlik respek vir swart etniese groepe se eiesoortigheid.

Ses jaar voor sy dood was daar ’n mislukte aanslag op sy lewe, maar in 1966 sterf hy in die parlement.

Sy werk was ver van voltooi en dit is baie moeilik om te bepaal hoe dit te midde van snel veranderende internasionale norme verder sou ontplooi.

Vandag nog sal die regering op verskillende maniere geleenthede hou waar helde van die verlede geëer word, of hulle nou bomplanters was, selfs klein kindertjies met ’n landmyn op ’n plaaspad aan flarde geskiet het en vele meer. Maar om Verwoerd se nagedagtenis op te roep deur ander aspekte in herinnering te roep as dít waarmee sy nagedagtenis as boefagtig geskets word, is ’n doodsonde.

Vandag bak sy standbeeld op ’n klipkoppie in die Karoo, maar aan die voete daarvan groei ’n model-Afrikanerdorp waarin sy eie nageslag geen geringe rol speel nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

30 Kommentare

Sum ·

Waar kry hulle die onbekwame oningeligte sg. skrywers? HOP huise? Wil jy ‘n gerespekteerde persoon soos Verwoerd, wat met insig, visie en bekwaamheid, hierdie ‘n derde wereld land opgebou het tot ‘n eerste wereld land, vergelyk met die kommunistiese anc se HOP huis stelsel? Belaglik. Dit gaan mens se verstand te bowe dat die skrywers geen kennis het van HOE Suid-Afrika gelyk het en of HOE ons gefunksioeneer het in sy tyd nie. In sy dae was daar wet en orde en alles was gesofestikeerd. Vandag is SA I hool en ‘n vullishoop

JC ·

RESPEK. RUS IN VREDE HENDRIK VERWOERD.
WAT ‘N REUS VAN ‘N INTELLEKTUELE MENS, WAT EINTLIK VER VOOR SY TYD WAS!!
HY KAN HIERDIE KLOMP SKEPSELS WAARMEE ONS NOU SIT AS “LEIERS” BESLIS ‘N LES OF TWEE LEER!

Sarel Strydom ·

Mag jy vandag kommentaar lewer sonder om van Rasisime beskulldig te word. Dink maar net aan die onlengse kommentaar oor P.W.Botha. Dus versigtig om kommentaar te lewer, maar gaan sit stil en bedink weer.

Eddie ·

Ek dink as hy nie vermoor was nie het RSA anders gelyk vandag.

Joe ·

Hy het die land so goed gevorm dat swartmense van heinde en verre oor Afrika gestrewe het om na SA te kom. Sy goeie staatmansskap was deur swart, wit an Asiate regoor die kontinent en wereld bewonder, die dat hulle hier heen in massas gemigreer het.

Eugene ·

Herman dit vat ‘n groot man om so ‘n huldeblyk van HF Verwoerd te gee vandag, wat ‘n hartseer dag was dit nie… Ek was nog in die laerskool gewees, ons het nog nooit weer so ‘n persoon gesien nie. Dankie

christine ·

Die dag van sy dood was sy suster by ons salon in Bloemfontein onder die droeer. Ek was lam van skok. Mevr Cloete was n dierbare ou dame en salig onbewis van wat 14min oor twee gebeur het. Ons was ingelig watter hartseer dag. Ek onthou nog toe Mevrou Jooste ons bestuurder haar laat sit het en sy dit aan haar moes vertel die waardigheid hoe sy was op daardie harsteer oomblik verstommend.

willemien ·

Ek onthou dit nog so goed. Ek was 8 jaar oud. Het ook op Kerkplein in Pretoria gestaan en gewag vir die kanon met die kis om verby te kom saam met my ma, sussie en boetie. My pa was een van die mense op die Militere motorfietse wat die kanon begelei het. Ek het nog steeds die grootste respek vir H F Verwoerd.
Ek gee nie om wat wie se nie.
Dit was ‘n jammer dag.

andrea van vuren ·

Ek was gedurende 1966 werksaam as ‘n suster in die destydse Moedersbond kraamhospitaal in Pretoria. Ek was besig om ‘n babaseuntjie in die wêreld te help bring toe die nuusberig oor die radio kom …toet..toet…toet! Ek het die pasgebore die babaseuntjie aan sy moeder oorhandig en terloops gesê sy moet hom Hendrik noem terwyl die trane oor my wange gestroom het. Die moeder het inmiddellik ingestem. Klein Hendrik het (indien hy nog leef) op 6 September 50 jaar oud geword!

Theo ·

Wil die huidige regering nie maar vir ons (die wat wil) ook toelaat om afsonderlik te ontwikkel soos Dr. Verwoerd met van hulle wou gedoen het nie? Ek glo nie ons sal by die VN of res van die wereld gaan kla daaroor nie.

Sarie ·

‘n Interssante boek wat handel oor die twee persone wat ‘n aanslag op Verwoerd gemaak het is Bird on the Wing deur Allan Bird ‘n neuroloog. Altwee hierdie persone is deur dieselfde dokter Solly Jacobson wat bande met die kommunistiese party waaronder Nelson Mandela en Joe Slovo gehad het. Hy het ook later uit die land gevlug en Tsafendas in England behandel. Pratt het hy in Suid-Afrika behandel. Blykbaar het die veiligheidspolisie daarvan geweet. Nou is die vraag waarom het hulle niks gedoen nie en wat is hierdie dokter se aandeel aan Verwoerd se dood.

Lance ·

Wat is die verslik tussen daardie tyd en nou …..WET en ORDE en respek !

Ou Ystervark ·

Ek vra myself die vraag: “Wat is die waarskynlikheid dat die VSA, Engeland en die Europese Unie binne die volgende twee dekades ook die beginsel van afsonderlike ontwikkeling gaan begin toepas ter wille van vrede?”

HEVW ·

Groot respek. Dr Verwoerd was versiened en het SA in sy volkerewverskeidenheid op die regte pad gelei . Waarom is dit my mening. Heel logies, ons het die antwoord , hierdie chaotiese land oppad na ondergang bevestig dit en die res van die westerse wereld sal dit binne die volgende 5 jaar begin onderskryf. Dit is waarneembaar die gety is aan die draai. Die studiemateriaal van SABRA sal selfs buite die grense van SA nader getrek word.

Frans Hattingh ·

Na die moord op dr Verwoerd het dinge in die land begin verkeerd loop. Hy was ‘n geleerde, gerespekteerde en geliefde Eerste Minister wat 60 jaar vooruit gesien het. Hy het die oplossing en visie gehad vir vreedsame naasbestaan en ontwikkeling. Ons kon ‘n voorbeeld vir die wereld gewees het van gesonde rasseverhoudinge.

Rupert Ashford ·

Respek aan ‘n groot man en ook aan jou Herman vir hierdie stuk.

Hannes Coetzee ·

Mense wat krities was/is van Verwoerd get geen benul wat sy plan was vir SA nie.
Hy was n leier sonder gelyke.

Jaydee Jaguar ·

Pre-Tsafendas apartheid was “benevolent” aparteid, post Tsafendas apartheid was die embrio vir vandag se inversie daarvan. Cecil John Rhodes was die ware argitekvan “non benevolent” apartheid, volgens Die Nuusbode van Boëseken. (Beriget geneem uit koerante van `n betrokke tyd). Rhodes het glo by `n buite (Kaapse) parlementsitting te Glen Grey die bloudruk daarvan neergelê Dr H.F. Verwoerd het die bloudruk net verfyn/vermenslik,en op Christelike norme geskoei, daarom “benevolent”; iets wat antichris owerhede, magte, wêreldheersers en bose geeste in die lug nie kon duld nie, en profeties staan die Ooste teen die Weste op, daarom het ons tans die gevolge van die vrees wat die dolk na dr. Verwoerd se hart gedryf het, n/l/ die vrees van duister vir die LIG.

Sarie ·

Hoe radikaal verskil Pieter Du Toit se artikel inNews24 van hierdie een en Prof Gillomee se mening.

Theuns ·

Die middag toe Dr Verwoerd deur David Pratt geskiet is het ek en my broers in ‘n reuse akkerboom langs ons huis gespeel! My ma het verskriklik geskree toe sy die nuus op die radio hoor. Die dag wat Tsfendas Dr Verwoerd vermoor het was ek in die Valskerm Bataljon besig om uit die Aapkas(W P Louw Toring) te spring toe ons die nuus hoor! Ek het eers gedink die offisiere maak ‘n sieklike grap maar dit was die waarheid! Die “engelse” onder offisiere, wat van engeland gekom het om ons optelei het nie veel vir Dr Verwoerd omgegee nie en maar net voortgegaan met die opleiding. Dit was maar net nog ‘n dag! Dr Verwoerd was briljant en ek sal hom eer solank ek lewe. Dankie Herman vir ‘n besondere stuk kommentaar!

TDW ·

Dr Verwoerd. Die naam het ‘n vloekwoord geword. Sy idees is so verdraai, dat elke woord wat hy geuiter het vloeke geword het. Hy is deur mense vermoor wat gesien het hoe Suid Afrika een van die sterkste lande sou word. Amerika en Engeland en Rusland en andere was bang vir sy visie. Want hulle wou nie swakker nasies genoem word nie. Hulle het gehelp om RSA tot sy knieë te bring. En nou lag hulle in hul mou elke keer as hulle die opskrifte van ‘n SA koerant lees. Swartmense was hul pionne en goud hul koningin. Maar God is nie blind nie. Verwoerd was ‘n Einstein. Na sy dood is sy idees verdraai en verlelik.
Trevor Noah het gegrap en gesê terwyl witmense hul pap met melk geëet het het swartmense dit met water geëet. En my eerste gedagte was, as dit die geval was met my sou ek gespaar het om ‘n melkkoei te koop, my melk aan die ander verkoop het, nog spaar tot ek nog ‘n melkkoei kan koop. En so ons almal se situasie verander, sodat ons ook ons pap met melk kan eet. Almal het die kans om hul situasie te verbeter, maar party mense het besluit om liewer op ‘n hoop te sit en te kla, of met geweld te vat wat hulle wil hê.

A3 ·

Ja. Ek lees graag artikels waar ek weet ek waardevolle kommentare sal raakloop. Prys gaan aan TDW!!!

afrikaner ·

verlang ek nou na ou oom Verwoerd
nee wat omie jy het die ding gedoen wat niemand nog met Afrika kon doen nie

Meraai ·

Ek is gebore die dag toe dr Verwoerd vermoor is. Ook rondom middagete. S o gister het ek my 50ste verjaardag gevier! Deur die jare het ek baie gewonder oor hoe SA nou sou gelyk het as hy nie vermoor is nie. Vir my was hy altyd n waardige man wat net die beste vir sy land wou he!

WeesWys ·

Wysheid. Integriteit. Karakter. Ware staatsmanskap. Wat wie ookal sê… My uiterste respek waardig tot vandag toe.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.