Tekenprent: Castle Lager en etikettering

Castle Lager het Maandagaand op sy amptelike Twitter-profiel aangekondig die maatskappy gaan “in die lig van onlangse gebeure” van die etiket op hul bier ontslae raak in solidariteit met almal wat op ʼn daaglikse grondslag op ʼn onregverdige en gevoellose manier geëtiketteer word. “Hierdie klein daad is ʼn belofte dat Castle Lager sal werk om die etikette wat ons verdeel uit te roei.”

Die veldtog hou verband met ʼn voorval Saterdagaand toe Ashwin Willemse, voormalige Springbokvleuel en SuperSport-spelontleder, tydens ʼn regstreekse uitsending van die stel van ʼn SuperSport-program afgestap het ná ʼn woordewisseling met sy mede-aanbieders.

Grafika: Jerm

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kleur

Miskien moet julle die kleur van die botteltjie ook verander na die rainbow nation wat almal verteenwoordig.Ha Ha

Johan

Ek onderneem plegtig om nooit ooit weer Castle bier te ondersteun nie. Politiek en kant-kiesery behoort nie deel van n maatskappy se profiel te wees nie. Dus sê ek tatta vir Castle!

Johan

Catle is nou n no-name minderwaardige produk in my oë

Askies

Julle moet dan half swart en half wit bottels begin maak en tweedens wonder ek toe julle hierdie emosionele besluit geneem het of julle WEET dat julle geen produk sonder ‘n LABEL mag bemark nie . waar gaan julle nou skryf dat MINDERJARIGES nie die drank mag gebruik nie?? Sommer op die bottel self SANDBLAST of wat? Julle is 24 jaar te laat om die ‘labelling’ aspek aan te spreek, maar wel in tyd om julle politieke korrektheid en simpatie met Ashwin te wys (WAT VERKEERD WAS).

White Rhino

Hulle het hulself nou galabel tot in lengte van dae.