OB-verslag: Pensioengeld 14 jaar later nog nie oorbetaal nie

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Woensdag haar verslag bekendgemaak oor die beweerde verkeerde berekening van die pensioenvoordele van ‘n voormalige werknemer by die departement van onderwys in die Oos-Kaap.

Madonsela sê die departement van onderwys het aangevoer hulle het ‘n tjek vir die vrou, wat nou ouer as 70 jaar oud is, ontvang en aan haar gepos. Die tjek is egter aan ‘n adres gepos wat die vrou nie aan hulle verskaf het nie. Sy bly ook nie by daardie adres nie. Madonsela het bevind dat die departement onbehoorlik opgetree het. “Die departement skuld die vrou haar pensioengeld,” het Madonsela gesê. “Dit kan nie 14 jaar duur om te besluit of die departement die geld aan die vrou skuld nie.” Sy het die departement 30 dae gegun om die geld aan die vrou oor te betaal.

Dié verslag was een van vyf wat Madonsela Woensdag bekendgemaak het. “Dit is die begin van ‘n nuwe finansiële jaar en ‘n maand vir ‘n nuwe begin,” het Madonsela gesê. “Dit is ‘n tyd wat ons moet besin oor dít wat goed gegaan het, en dit wat verlede jaar skeef geloop het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.