Die Olimpiese Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, is glo nie welkom om vanjaar aan die Londense Olimpiese gedenkspele deel te neem nie.
Die geleentheid wat van 26 tot 28 Julie by die Londen Olimpiese park gehou gaan word, is gereël om die eerste eeu van die stad se Olimpiese en Paralimpiese Spele te gedenk.
Volgens Ed Warner, organiseerder en voorsitter van VK-atletiek, is Pistorius nie welkom om deel te neem nie. Volgens hom wil hulle nie die geleentheid in ʼn mediasirkus laat ontaard nie, omdat dit glo die kollig van die ander sportsterre sal afneem.
Hy sê egter die besluit kan enige oomblik verander, maar in die stadium gaan die lemnaeler nie genooi word nie.
Pistorius word daarvan aangekla dat hy op Valentynsdag sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria doodgeskiet het.
Ag dis nou gemeen! Genade maar die mense is belaglik kleinlik!