ʼn Groep van vyf gewapende mans het Dinsdag twee OTM’e in Rustenburg in Noordwes opgeblaas en ʼn bystander geskiet en gewond.
Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 42-jairge man is in sy voertuig geskiet. Hy het glo ʼn vulstasie verlaat toe hy ʼn wit BMW met vyf mense naby die OTM opgemerk het. Die gewapende mans het talle skote in sy rigting afgevuur en hy is in die bobeen getref. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die vyf mans het met ʼn onbekende bedrag geld gevlug. Die polisie ondersoek die saak.