Oud-studente sê jammer oor rassistiese aanmerkings

Twee oud-studente wat glo vroeër vanjaar rassistiese aanmerkings op Facebook gemaak het, het om verskoning gevra het die Menseregtekommissie (MRK) gesê.

Ken Sinclair, ʼn voormalige student aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie, het glo in April vanjaar na swart mense as “f***en breindooie ape” verwys op Facebook. Die universiteit het Sinclair geskors na afloop van die voorval. Sinclair en nog twee studente, wat glo op sy Facebook aanmerking reageer het deur nog rassistiese aanmerkings te maak, is by die MRK aangekla. Volgens die MRK het twee van die drie voormalige studente ʼn vergadering wat deur die MRK gereël is bygewoon. Een van die studente het gesê: “Ek sal graag om verskoning wil vra indien ek enigiemand laat aanstoot neem het.” Volgens die MRK wil die twee studente die saak regstel deur gemeenskapsdiens te verrig en aan ʼn uitreik-aksie van die kommissie deel te neem. Volgens die MRK het Sinclair nog nie op hul versoek vir ʼn vergadering reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.