Pa in hof oor ontkleedanseres vir 13-jarige

ʼn Pleegpa wat ʼn ontkleedanseres vir sy 13-jarige seun gehuur het, het met sy kop in sy hande gesit en kort-kort trane weggevee toe hy in die hof verskyn het.

Pretoria News berig dat die 32-jarige lugmag-tegnikus tereg staan op aanklagte van onwelvoeglike ontbloting van ʼn vrou se private dele en die seksuele uitbuiting van ʼn minderjarige. Die man het glo ʼn ontkleedanseres gehuur om vir sy seun te ontklee en seksuele dade met hom te pleeg tydens die Wêreldbeker sokkertoernooi verlede jaar. Die voorval het glo plaasgevind toe die seun by hom in Pretoria gekuier het. Die man het nog nie gepleit nie. Die saak is uitgestel.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.