Parys-ma moet help om kar te stoot ná sy aangerand, beroof en verkrag is

Argieffoto.

Die Vrystaatse polisie is op soek na drie verdagtes wat Saterdagoggend in die vroeë oggendure ʼn 40-jarige vrou van Parys in haar huis oorval, aangerand en verkrag het. Dit het gebeur terwyl haar twee kinders, ʼn seun en ʼn dogter van onderskeidelik 10 en 11 jaar oud, in ʼn ander kamer vasgebind was.

Konst. Maselela Langa, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die mans het omstreeks 03:00 toegang tot die vrou se huis bekom deur ʼn venster se diefwering te verwyder.

“Die slagoffer het niks gehoor totdat die verdagtes haar in haar slaapkamer wakker gemaak het nie,” het Langa gesê.

Een verdagte was met ʼn vuurwapen gewapen. Hulle het die kinders met kabels vasgebind, waarna hulle die vrou om die beurt in haar kamer verkrag het.

“Die verdagtes het met ʼn plasma-televisiestelsel, ʼn hoëtroustel en klere gevlug. Die gesteelde goedere het ʼn geraamde waarde van R24 000.”

Langa het gesê die verdagtes wou ook die vrou se blou BMW steel, maar die voertuig wou nie aanskakel nie. “Die mans het haar gedwing om die voertuig te help stoot, omdat die battery glo pap was. Hulle het die voertuig sowat 500m ver van die huis gestoot, maar tou opgegooi toe die voertuig steeds nie wou vat nie. Hulle het te voet gevlug en die motor net daar gelos,” het Langa bygevoeg.

Die slagoffer se naam mag nie bekend gemaak word nie, omdat sy verkrag is en haar identiteit beskerm moet word.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor waar die verdagtes hul mag bevind om die ondersoekbeampte, ao. Mogale Ntebejane, by 083 978 7233/ 056 816 2534 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Melissa

Duiwels!!!

Pieter Potgieter

Vreeslik dit maak my so kwaad. Hoe kan n mens dit aan iemand doen. Bid vir haar vir krag van ons hemelse Vader en ook vir die gereg om hulle te arresteer. Mag die moeder versterk word en ook die kinders.

Seg Net

Regte mamma telers. D0nners swart gemors.
Die vrou is die res van haar lewe geestelik geskend. Mag hulle die wetters vang voordat hulle nog vrouens verkrag.

Carin

Laer as slang poef in my oe – mans wat verkrag. Dit maak my blind van woede. Die ergste is die polisie nie regtig omgee nie en tien teen een nie eers vreeslik gaan soek nie.

My gebede gaan uit na hierdie arme dame en haar kinders. Mag die liewe Vader julle krag gee om hierdeur te kom.

Aletta

Dan mag ons nie haat nie? Ek verstaan nie? Die Here weet ek verstaan nie!