Pendoring-finaliste aangekondig

Die 79 finaliste vir vanjaar se gesogte Pendoring-toekennings is Dinsdag bekend gemaak.

Twee beoordelaarspanele, twee plaaslike mede-voorsitters en 16 beoordelaars moes deur die 360 inskrywings vir die 19e Pendoring-Reklametoekennings sif om by die finaliste te bepaal wat mekaar vanjaar die stryd sal aansê vir die gesogte Pendoringtoekennings. Die beoordeling het tussen 15 en 17 Augustus by Mediapark in Aucklandpark, Johannesburg, plaasgevind.

“Elke jaar vereer die Pendoring-Reklametoekennings die beste en treffendste Afrikaanse en Eg Suid-Afrikaanse reklame in enige van ons elf amptelike landstale. Vanjaar is ons tema “Respek”, ’n gepaste huldeblyk aan agentskappe en maatskappye wat die lang en dikwels steil pad trotseer om uitnemende werk te skep, sê Pendoring se hoofbestuurder, Franette Klerck.

’n Totaal van 18 professionele agentskappe en ses reklameskole/-kampusse en tersiêre instellings het finaliste opgelewer in die stryd om vanjaar se toekennings. Joe Public staan voor in die koor met 14 finaliste. Draftfcb, Kaapstad spog met ses finaliste, terwyl Draftfcb, Johannesburg, Etiket, en TBWA\Hunt Lascaris, Johannesburg elk vyf finaliste het. Ogilvy, Johannesburg en Black River F.C. het elk vier finaliste opgelewer.

Maroela Media en sy reklameagentskap Etiket, het altesaam vier nominasies in drie kategorieë ontvang vir sy Grootste Afrikaner van Alle Tye-veldtog. Maroela Media het twee nominasies ontvang in die digitale- en interaktiewe kommunikasie-kategorie vir sy mikrowerf vir die Grootste Afrikaner van Alle Tye en die sosiale media vir dieselfde veldtog. Die maatskappy is ook ‘n finalis in die digitale gemengdemediaveldtog-kategorie en ‘n finalis in die geïntegreerde veldtog-kategorie vir dieselfde veldtog.

Die wenners word op 20 September by die KIKS in Kaapstad aangekondig. Finaliste sal tot dan moet wag om te hoor wie met die louere wegstap. Die Prestige-wenner (wat ’n studiereis ter waarde van R50 000 insluit) en die Umpetha-wenner (wat ’n kontantprys van R20 000 insluit) word ook tydens die gala-aand bekend gemaak.

2013 PENDORING FINALISTE (in alfabetiese volgorde volgens die titel van die inskrywing)

TELEVISIE/ROLPRENTTEATER (met produksiebegroting bo R500 000)
Titel: Cell C Manifesto
Agentskap: Ogilvy, Johannesburg
Adverteerder: Cell C

Titel: Mnr. Neus
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

Titel: OLX Bakkie
Agentskap: Studio Zoo
Adverteerder: OLX

TELEVISIE/ROLPRENTTEATER (met produksiebegroting onder R500 000)
Titel: Afrikaans Kom Kaap Toe
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Pendoring Reklametoekennings 2012

Titel: kykNET Winter
Agentskap: Orijin
Adverteerder: kykNET

VIDEO/ROLPRENT NIE VIR ALGEMENE/OPENBARE UITSENDING NIE
Titel: Missie Moskou
Agentskap: Haas Advertising
Adverteerder: SARU

RADIO
Titel: 300 Braai
Agentskap: Draftfcb, Johannesburg
Adverteerder: Toyota

Titel: Diamante is ‘n duisend woorde werd
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: Browns

Titel: NG vs Klopse
Agentskap: Ogilvy, Johannesburg
Adverteerder: Mzansi Magic

Titel: Taai Oumas, Taai Tieners, Taai Meisies (Veldtog)
Agentskap: Draftfcb, Johannesburg
Adverteerder: Toyota

Titel: Vriendskap
Agentskap: M&C Saatchi Abel, Kaapstad
Adverteerder: Takealot.com

KOERANTE
Titel: Neil
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Die Burger

Titel: Stories, Spelling, Rose (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Bryanston Parallel Medium Pre-Primêre Skool

TYDSKRIFTE
Titel: Jan van Riebeeck, Nul, Klinkers (Veldtog)
Agentskap: FoxP2, Kaapstad
Adverteerder: National Geographic Kids Magazine

Titel: Melktert
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

Titel: Ontbyt, Koffie (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

Titel: Zzzzzzzz
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Douwe Egberts

PLAKKATE
Titel: Hoër Dinge
Agentskap: TBWA\Hunt Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Nissan

Titel: Onweerstaanbaar
Agentskap: TBWA\Hunt Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Nissan

Titel: Rhino
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Die Burger

Titel: Satanis, Voëls, Dik Vingers, Flerries (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Ofm

Titel: Vat Oor: Sydney, Vat Oor: Londen, Vat Oor: Tokio (Veldtog)
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Pendoring Reklametoekennings 2012

BUITENSHUIS
Geen finaliste

DIGITALE & INTERAKTIEWE KOMMUNIKASIE
Titel: #DISAFRIKAANS
Agentskap: tbsp///beyond the line
Adverteerder: kykNET

Titel: Mikrowerf: Grootste Afrikaner van Alle Tye
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Maroela Media

Titel: Sosiale Media: Grootste Afrikaner van Alle Tye
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Maroela Media

DIGITALE GEMENGDEMEDIAVELDTOG
Titel: Grootste Afrikaner van Alle Tye
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Maroela Media

Titel: Hyundai Superband
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Kaapstad
Adverteerder: Hyundai

GEÏNTEGREERDE VELDTOG
Titel: Grootste Afrikaner van Alle Tye
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Maroela Media

Titel: Klop-Klop Wees Daar!
Agentskap: ThirtyFour
Adverteerder: Clover

OORSPRONKLIK AFRIKAANS
Titel: #DISAFRIKAANS
Agentskap: tbsp///beyond the line
Adverteerder: kykNET

Titel: Hoër Dinge
Agentskap: TBWA\Hunt Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Nissan

Titel: Koffie, Ontbyt (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

Titel: OLX Bakkie
Agentskap: Studio Zoo
Adverteerder: OLX

Titel: Onweerstaanbaar
Agentskap: TBWA\Hunt Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Nissan

Titel: Satanis
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Ofm

KLEINHANDEL
Geen finaliste

VERNUF
Titel: Mnr. Neus (vir Animasie)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

Titel: The-O: Muur-Ontwerp (vir Illustrasie)
Agentskap: Baie-Lingual Concepts
Adverteerder: The-O Recording Studio

Titel: Vat Oor: Tokio, Vat Oor: Londen, Vat Oor:Sydney (Veldtog) (vir Illustrasie)
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Pendoring Reklametoekennings 2012

Titel: Voëls, Dik Vingers (Veldtog) (vir Tipografie)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Ofm

KOMMUNIKASIE-ONTWERP
Titel: Die seep-op-‘n-tou wat hou
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Mahindra

Titel: The-O: Korporatiewe Identiteit
Agentskap: Baie-Lingual Concepts
Adverteerder: The-O Recording Studio

LEWENDE GEBEURTENISSE & AKTIVERINGS & DIREKTE KOMMUNIKASIE
Titel: #DISAFRIKAANS
Agentskap: tbsp///beyond the line
Adverteerder: kykNET

Titel: Hyundai Superband
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Kaapstad
Adverteerder: Hyundai

EG SUID-AFRIKAANS – TELEVISIE
Titel: Athletes, Anthem, Izikhothane (Veldtog)
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

Titel: Human Spirit
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: ABSA

Titel: Nandi, Grace, Sophie (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Nola Mayonnaise

Titel: Parliament
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

EG SUID-AFRIKAANS – RADIO
Titel: Mielie Meal Anel, Rahul (Veldtog)
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

Titel: Mielie Meal Kuhle
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

Titel: Movie Choir vs Ladysmith, Amadodana vs Sarafina, Drakensberg vs Meadowlands (Veldtog)
Agentskap: Ogilvy, Johannesburg
Adverteerder: Mzansi Magic

Titel: Project English (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: One School at a Time

Titel: Skhot’ So Hard
Agentskap: Ogilvy, Johannesburg
Adverteerder: KFC

Titel: Tie, Break Up (Veldtog)
Agentskap: Draftfcb, Johannesburg
Adverteerder: Gidani

Titel: Warranty, Elijah, Mega Mileage Bonanza (Veldtog)
Agentskap: Draftfcb, Johannesburg
Adverteerder: Toyota Automark

EG SUID-AFRIKAANS – ALGEMEEN
Titel: Connector Bot (Veldtog)
Agentskap: MetropolitanRepublic
Adverteerder: MTN

Titel: Fire Blanket Calendar
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Engen

Titel: Local Economy
Agentskap: Etiket
Adverteerder: The Whippet

Titel: The Rhino Stamp Project
Agentskap: TBWA\Hunt Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Stop Rhino Poaching

Titel: Yawn Machine
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Douwe Egberts

EG SUID-AFRIKAANS – GEÏNTEGREERDE VELDTOG
Titel: Hyundai Superband
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Kaapstad
Adverteerder: Hyundai

Titel: The Campaign that Never Flighted
Agentskap: MetropolitanRepublic
Adverteerder: Taste Holdings

STUDENTE
STUDENTE – TRADISIONELE MEDIA
Titel: Kalmeer, Verlig, Verlos (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, Pretoria
Produk/Diens: Zambuk
Student: Nico Janse van Rensburg

Titel: Rooikappie, Gouelokkies (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Nokia
Studente: Kunshoof: Scheri Gerstner, Kopieskrywer: Karlyne Zovitsky

Titel: Stof Af Jou Dors
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: BOS Ystee
Studente: Lushca Brink, Melissa Fontini

STUDENTE – DIGITALE GEMENGDEMEDIAVELDTOG
Geen finaliste

STUDENTE – VERNUF
Titel: Fokofpolisiekar (vir Redaksionele ontwerp)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Fokofpolisiekar-groep
Student: Francois Linde

Titel: Jan kunsvlyt-bier (vir Ontwerp)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: Jan kunsvlyt-bier
Student: Wanda Priem

Titel: Jou Biltong-maatskappy DIY Biltong-gereedskap (vir Verpakking)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Your Biltong Company
Student: Sean Creighton

Titel: The Unholy Trinity (vir Ontwerp)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Selfpromosie
Student: Misha le Roux

STUDENTE – GEÏNTEGREERDE VELDTOG
Titel: Blink Stefanus Kaggelk*k
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: Blink Stefanus
Student: Stephan Pretorius

Titel: Blink Stefanus Wolhaar Beeldpoetsers
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: Blink Stefanus
Student: Wanda Priem

Titel: VredeFest Toffie
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: VredeFest
Studente: Lanita Germishuys, Janine van der Bank, Vicki Joubert, Iske Conradie

STUDENTE – EG SUID-AFRIKAANS – ALGEMEEN
Titel: Analysis of Space
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Selfpromosie
Student: Kim Albrecht

Titel: Blair Witch Barbie
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega The School of Brand Leadership, Kaapstad
Produk/Diens: Help Me To Breathe
Studente: Alice Toich, Jonah Lewis

Titel: E-toll
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Johannesburg
Produk/Diens: Nando’s
Student: Kgosietsile Mogorosi

Titel: Lion Strike
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Johannesburg
Produk/Diens: Lion Matches
Student: Kgosietsile Mogorosi

Titel: Mo
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic
Produk/Diens: Mo
Student: Tian van Heerden

STUDENTE – EG SUID-AFRIKAANS – GEÏNTEGREERDE VELDTOG
Titel: Dust Off Your Thirst
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: BOS Ystee
Studente: Kunshoof: Lushca Brink, Kopieskrywer: Melissa Fontini

Titel: Vellie Happy
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic
Produk/Diens: Vellie Happy
Student: Melissa Raath

Titel: Vertrekker Vellies
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic
Produk/Diens: Vertrekker Vellies
Studente: Grant Renecle, Beatrice Willoughby

BORGE:
GOUD: Ads24, ATKV, Beeld, Die Burger, Die Dagbreek Trust, kykNET, Media24, MyEdit.me, Rapport, Toyota.
SILWER: MK.
BRONS: Caxton-gemeenskapskoerante, Huisgenoot, Jacaranda FM, Klipdrift, OFM, Sanlam. VENNOTE: Adlip, Bokradio, DEKAT, kulula.com, Leopard’s Leap Wines, Marklives.com, mfm 92.6, Newsclip, Ogilvy, Protea Hotel President, Sonovision.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae