Die polisie van Noordwes bied ʼn R200 000-beloning aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die verdagtes wat ʼn ANC-leier in Klerksdorp vermoor het.
David Mosiane Chika (33), streeksekretaris van die ANC in die Kenneth Kaunda-munisipaliteit, is verlede week Vrydagoggend in die oprit van sy huis in sy maag geskiet. Hy sou dieselfde dag in die hof verskyn het om teen opposisie in die party te getuig.
Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die moord om met die Valke in verbinding te tree. Skakel kol. Clifford Kgorane by 082 492 3921 of lt.kol. Rasekaka Makuoane by 071 481 2574.