ʼn Woordvoerder van die ministerie van polisie, Zweli Mnisi, sê ʼn skootrekenaar en selfoon het Saterdag van die minister se huis vermis geraak hoewel daar nie by die huis ingebreek is nie. Die sersant is Maandag in hegtenis geneem nadat die gesteelde goedere teruggevind is. Nog twee mense is in hegtenis geneem wat glo die gesteelde goedere by die sersant gekoop het. Die drie mans sal na verwagting Woensdag in die Wynberg landdroshof verskyn.
Polisie-minister se lyfwag vas vir diefstal
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.