Die Klerksdorp-polisie het ʼn besige naweek agter die rug ná hulle 21 verdagtes vir verskeie misdade aangekeer het.
“Die omgewing se polisie het van Saterdag 20:00 tot Sondag 04:00 ʼn misdaadvoorkomingsaksie in die gebied uitgevoer. Altesaam 957 mense, 33 persele, sewe skole, 33 kroeë en 28 voertuie is deursoek,” het kaptein Adéle Myburgh, ʼn woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.
Die 21 verdagtes is vir misdade wat strek van moord, huisroof, roof, aanranding asook die besit van dagga, in hegtenis geneem en gaan binnekort in die hof verskyn.