Die minister van polisie, Nathi Mthetwa, het aan verslaggewers by die Rosebank polisiestasie gesê die klerk het hierna selfmoord gepleeg. Volgens Mthetwa het die polisieklerk omstreeks 15:45 Maandagmiddag die polisiestasie binnegegaan en na die kommissaris se kantoor gegaan waar hy haar en die kaptein geskiet het. Die kaptein is op die toneel dood verklaar. Die stasiekommissaris is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die polisieklerk is op die toneel dood. Volgens Mthetwa is die polisieklerk verlede week skuldig bevind aan die nalatige hantering van ʼn vuurwapen. Dit is nie duidelik of die man aan diens was of reeds afgedank was nie. Mthetwa het die voorval as ʼn tragedie beskryf en gesê dit is ook kommerwekkend dat die kaptein en stasiekommissaris vroue was – Sapa
Polisieman skiet kaptein en stasiekommissaris
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.