Pasiënte by die Tshwane Distrikshospitaal in Pretoria is vir die afgelope vyf dae nie gebad of skoongemaak aangesien daar nie water by die hospitaal is nie, het die DA Sondag gesê.
“Vir amper ʼn week nou word familie en vriende van pasiënte gedwing om twee-liter waterbottels na die hospitaal te bring in ʼn poging om te help met die probleem,” sê die DA se Gautengse woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling, Hendrika Kruger. Sy sê die probleem word veroorsaak deur die hospitaal se klepstelsel. “Die situasie moet ernstig aandag kry van die Gautengse departement van gesondheid aangesien pasiënte se wonde nie skoongemaak word nie en infeksies dus kan voorkom en mense se lewens in gevaar gestel word.” Die hospitaal en die departement was nie vir kommentaar beskikbaar nie
Genugtig!