Donovan Marain (54) van Pretoria-Noord, word sedert Woensdag vermis. Hy is die laaste keer omstreeks 04:00 by sy huis gesien.
Missing Children SA berig hy het ʼn donkerblou gholfhemp met ʼn Nampak-handelsmerk, ʼn donkerblou denim en bruin skoene aangehad toe hy die laaste keer gesien is. Hy is bles met kort geskeerde hare, ʼn grys baard, blou oë, is 1.72m lank en weeg sowat 120kg.
Volgens gerugte was Marais op pad Springs toe in ʼn Kia Sportage-stasiewa met die registrasienommer WTL392GP en is daar glo ʼn kenmerkende Seven Pebbes-kenteken op die voertuig.
Mense met inligting oor waar Marais hom bevind kan die Pretoria-Noord-polisie by 012 353 5600 of Missing Children SA by 072 647 7464 bel.