Propaangastenk in JHB dreig om te ontplof

Argieffoto.

‘n Propaangastenk hou tans ‘n reuse bedreiging in vir ‘n brand wat by ‘n plastiekfabriek in Brakpan aan die Oos-Rand woed.

Brandbestryders werk onophoudelik om die brand onder beheer te bring, berig EWN. Die brand het Dinsdagmiddag uitgebreek en die situasie is tans baie spanningsvol terwyl brandbestryders poog om die brand van die reuse tenk weg te hou. Daar is sowat 90 000 liter vlambare vloeistof in die tenk en hou ‘n groot bedreiging in vir die reddingsoperasie.

Ekhurhuleni nooddienste (EMS) is na die gebied ontbied. “Daar is tans geen beserings aangemeld nie, en ons hoop om die brand spoedig onder beheer te bring,” het William Nthladi, woordvoerder van EMS, gesê.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amanda/Sindy ·

Verskoon tog ek lees seker verkeerd. Is dit regtig 2013 of 1913?

Waar was die ” risiko faktore in ag neem” uuuhhhh toe die aanleg gebou is? Die Ingelse het mos die gesegde”, rather be safe then sorry” die is hopelik iewers te sien in baie groot letters in baie tale…

Ja hulle noem dit ” risk assessment” dit is soos ‘n pasient behandel langs die pad. Eers alles wegneem wat in die onmiddelik gebeurtenis nog beserings kan veroorsaak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.