Nooddienswerkers het hul soektog na ʼn onwettige myner wat in ʼn ou mynskag in Durban Deep, Roodepoort, vermis geraak het, gestaak.
“Nooddienswerkers van Johannesburg het vir 16 ure na die man gesoek. Ons het drie kilometer onder die grond gesoek maar moes die reddingspoging staak,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder, gesê. “Die omstandighede in die skag is te onstabiel en onveilig.”
Hy sê dit is jammer dat hulle nie die man kon opspoor nie en dat hulle die dank waardeer wat die mynwerker se gesin aan hulle betuig het vir hul poging.