Regering gee toe dat debat oor nasionalisering skadelik is

Foto: GCIS

Die minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba, sê die regering is bewus daarvan dat die debat oor nasionalisering skade doen aan die land se beeld en beleggings in Suid-Afrika.

Gigaba het egter vanoggend tydens die Amerikaanse sakekamer se ontbyt in Johannesburg die versekering gegee dat die regering geen ongrondwetlike maatreëls sal implementeer nie. Gigaba sê die besware van diegene wat vra vir nasionalisering is geldig maar dat daar ʼn oplossing gesoek moet word wat die land sal verenig en nie verder uitmekaar laat dryf nie. Hy sê dit is eindelik die ANC wat besluite neem en nie diegene wat dit wyd en syd verkondig nie. Gigaba sê die taakspan wat deur die ANC aangestel is om nasionalisering te ondersoek sal teen die einde van die jaar sy bevindinge bekendmaak. Hy sê die ANC sal die bevindinge bespreek en uiteindelik ʼn besluit maak wat in die beste belange is van die mynbedryf. ANC-jeugliga leier Julius Malema vra sedert Oktober verlede jaar dat die land se myne, banke en ander sleutel industrieë genasionaliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.