Wetenskaplikes het ‘n reusevirus, wat 30 000 jaar lank in die Siberiese ys vasgevang was en deur boorwerk na die oppervlak gebring is, weer aan die lewe gekry.
Hoewel hierdie virus net die Amoeba (‘n eensellige organisme) aanval, is dit tegnies moontlik dat ander virusse wat mens en dier kan aanval, ook nog onder die ys skuilhou, luidens die verslag wat pas in die Proceedings of the National Academy of Sciences verskyn het. Namate die klimaat warmer word en mense in gebiede vestig wat voorheen verys was, is dit moontlik dat hulle in die grond kan delf en virusse kan opdoen wat hulle kan aanval. Na raming kan dié virusse hulle in lae ys bevind wat tot 3 miljoen jaar oud is.
‘n Vollediger artikel in die Los Angeles Times kan hier gelees het.
Twak man!!!
Hoekom se jy so?
Hoekom?