1 300 minder speurders onder Cele se bewind

Bheki Cele (Foto: Suid-Afrikaanse regering/Twitter)

Terwyl Bheki Cele, minister van polisie, vir besorgde burgers en gemeenskapsorganisasies sê om hul monde te hou, is polisiëring in die land besig om in duie te stort.

Só sê Andrew Whitfield, DA-woordvoerder oor polisie, nadat dit aan die lig gekom het dat die getal speurders sedert 2019 met 1 300 verminder het. Cele het die antwoord verskaf op ’n parlementêre vraag van die DA.

In ’n afsonderlike antwoord het Cele ook bevestig dat 20% van die voertuie wat aan speurders toegewys is, op 22 Mei vanjaar onklaar was.

“Dit beteken groter gevalleladings vir oorwerkte speurders wat die kragtigste wapen in die stryd teen misdaad is. Tydens ’n onlangse oorsigbesoek aan ’n polisiestasie in Pietermaritzburg het ’n speurder vir my gesê hy het 280 dossiere. Geen speurder behoort so ’n oorweldigende las te dra nie. Dit is geen wonder dat misdaad in Suid-Afrika aan die toeneem is nie.”

In ’n land waar meer as 67 mense elke dag vermoor en 153 verkrag word, kan die SAPD nie minder speurders bekostig nie, hulle het meer nodig, sê Whitfield. “Jy kan nie ’n prys plaas op gehalte‑ondersoekwerk deur toegewyde en bekwame speurders nie.”

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) moet volgens Whitfield ook die las dra van minister Cele se politieke inmenging en voortdurende binnegevegte tussen die minister en die voormalige nasionale polisiekommissaris.

“Minister Cele is heeltemal uit voeling met die werklikheid wat gewone Suid-Afrikaners daagliks in die gesig staar. Sy minagting teenoor bekommerde burgers by ’n vergadering in Gugulethu vandeesweek weerspieël sy onbevoegdheid om die ernstige mislukkings van die SAPD te takel.”

Cele het Dinsdag met inwoners van Nyanga en Gugulethu vergader oor polisiëring in dié woonbuurte toe ’n konfrontasie tussen hom en Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by die drukgroep Action Society, uitgebreek het.

Cele het vir Cameron geskree, “Jy beskou my as ʼn tuinjong. Bly stil! Bly stil! Sit en luister jong man, of gaan uit”. Cameron het “uit beginsel” geweier om die saal te verlaat. Dit is toe dat die polisie hom genader en uit die gemeenskapsaal verwyder het.

Cele is die afgelope week erg gekap oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Henri ·

Hoed sal as tuinier nie eers die skade wat aan die rose in die tuin aangebring is kan toeskryf aan die plantluise en hulle skuldig laat bevind nie…

Peter ·

Onbeholpe, self gesentreerde kader wat tot op hede geen impak op misdaad kon hê nie omdat hy eenvoudig onbekwaam is.

Laksman ·

hy het tog n baie groot impak op misdaad gehad………..maar ongelukkig n negatiewe een!

Owlie ·

Fantasties – whoopee ons eens mooie land met respek, discipline, wet& orde is nou die grootste sirkus in die heelal.
Dis tyd dat die partye wat wil hê die mens moet vir hulle stem n slag regtig opstaan, saamstaan en doen sonder om te waarsku, sê, dreig, belowe en dan is dit tyd dat Suid Afrikaners begin saam staan Ons land is totaal en al wetteloos

marius ·

Wetteloosheid beteken volle magsbeheer . Deel van die plan .

Zoey ·

En die speurder getalle gaan nog afneem. Voor 1994 het ons van die beste speurders gehad. En ek sê nie net so omdat ek een was nie. Toe hulle die polisie soos ‘n maatskappy begin run en mense van buite die polisie kon aansoek doen vir poste, het hulle die polisie in die grond in gedryf. En dit was soveel erger op ‘n speurtak. Skielik was jy oorlaai met dossiere, want behalwe vir jou werk moes jy as onder-offisier nog ‘n offisier oplei omdat hy geen speurtak ondervinding het nie, dossier inspeksies hou – ‘n offisiers funksie, en nog die nuwe lede wat aangestel word oplei. Die laaste van die ou speurders gaan binne die volgende ongeveer vyf jaar op pensioen. Toe ek deel was van die speurtak, was deur kameradie tussen alle speurders voor 1994. Ons het hard gewerk. Soms was jy vir dae besig om ‘n verdagte te “jaag”. As jy die oggend by jou hek uitgaan, het jou gesin nie geweet wanneer en of hulle jou ooit weer gaan sien nie. Nou is die polisie net ‘n afgewaterde “maatskappy”

Chris dupreez ·

Dis wat gebeur as ministers aangestel word in n portfulje wat hulle nie eers n idee van het nie. As jy n polisieman wat deur die ranks gekom het in die pos gesit het, sou hy verstaan het waaroor polisiëring gaan. Dieselfde met die minister van verdediging, jy het n militaris en strateeg nodig, of landbou ens.ens.

Raadsman ·

‘n Minister met ‘n “garden boy” mentaliteit – wat verwag ‘n mans. Hy haak nog vas in 30 jaar terug, Hoe kan so iemand die polisie lei en enige iets betuur. elke mens wat vermoor word loop soos water van sy rug af.

Ian ·

Cele must go. Jou parking ticket het expire. Gaan soek n ander parking maar net nie naby ons nie.

domheks ·

cele moet vir cr beskerm dis hoekom hy nog sit waar hy sit – die een soos die ander – onderduims/skelm/agterbaks noem dit wat jy wil!

Roelof ·

Met n kleuterskool diploma as kwalifikasie is hy as minister soos die skilpad op die paal. Hy weet nie hoe het hy daar gekom nie en weet ook nie wie het hom daar gesit nie. Kader aanstellings. Blinde lei die dowe

Laksman ·

as elke speurder + – 280 dossiere het en hy kom nie eers by dit als uit nie………..wie gee nou aandag aan die 364000 dossiere wat ek seker is moord, verkraging ens insluit? ………al word dit kamma aan nuwe ondersoekbeamptes toegewys.

Manie ·

Dis wat gebeur wanneer ‘n vrotsige kommissaris van polisie sonder enige polisie ervaring uit sy pos verwyder word omdat hy nie die werk kan doen nie en dan met bevordering as minister van polisie aangestel word.

domheks ·

Het die baas se hoed altyd bewonder toe hy nog tuinjong was! hehehe

mattk ·

En weereens speel hy die rassiste kaart toe hy in ‘n hoek gedryf word. Die speurders se voertuie word deur die klomp onproduktiewe offisiere gebruik vir hul privaat doeleindes. Hierdie nar is totaal onbevoeg maar word weereens deur kaderontplooiing beskerm.

Hoekom ·

Hy is so behep met die verlede en so bang hy word ‘n “gardenboy” dat hy versuim om sy pligte na te kom en sy werk te doen…

Nie Verbaas ·

Die oortreffende trap van nutteloos kan nie eers vir Cele beskryf nie. So ook die oortreffende trap van ruggraatloos vir ons liewe ou CR.

Miena ·

Ek het n vriendin (van laerskool se tyd af al) wat n speuder is. Sy is nou so oorlaai met dossiere nie net van haar area nie maar omliggende areas word ook na haar toe aangegee. Sy vra nie meer “Hoekom moet ek Pta Wes / Pta Noord / en ja wag vir dit… Gezina area- sin doen as ek by Hercules werksaam is nie” want haar antwoord is “Orders from above. Station commander and Brigadier said you must help out.” Sy is oorwerk, sorg vir haar bejaarde siek pa, werk baie ongereelde tye, as daar n moord / selfmoord is moet sy opdaag, ongetroud- geen kind of kraai nie a.g.v die tipe werk, sy lei aan erge depressie van die aaklige tonele wat sy moet besoek. Maar weet jy wat – She gets up and show up!!! Sy werk met passie en dra haar eed en balkie met trots. So het ek ook 3 ander goeie vriende in die SAP – wat toegewyd is. Blanke persone wat die hele gemengde gemeenskap dien met dieselfde glimlag en bystaan en opvolg op sake en terugvoering gee. Ons was anders grootgemaak gewees 45j terug.

Swerwer ·

Dit is tyd dat Bheki Cele, minister van polisie, sy mond hou en onthef word uit sy pos, want hy is deur en deur nie sy pos werd nie. Hy is deel van die oorsaak dat ons tans in ‘n onbeheerde wettelose land woon. Hy toon geen respek vir sy ouers en nog minder vir die landsburgers. Respek word verdien en nie van selfsprekend aanvaar nie en ongelukkig het hy totaal en al misluk.

Jr ·

Rede no 10000 AND STILL HE STAYS. KLOU ERGER AS N POEP OP N KOMBERS

Annelize ·

Ek lees “Cele is heeltemal uit voeling uit met die werklikheid…”, dit moet eerder lees Cele is heeltemal uit sy diepte uit, en het nie ‘n idee wat om hom aangaan nie. Sy onvermoe en onbevoegdheid is besig om vir hom sleg in te haal, die dat hy aggresief begin raak en op mense begin skree as sy eie onbeholpenheid hom in die steek laat.

My man was vir byna 25jaar in die Polisie, hy kry deesdae skaam as hy vir iemand moet se waar hy voorheen werksaam was.

TO ·

Net no is daar net ‘n slim een wat hom en sy trawante in hulle spore stuit

Jakes ·

Die patetiese Cele is n verleentheid vir die land en sy mense. Ramaphosa het hom aangestel en moet dus die blaam kry. Die agbate president is mos n voorstander van kader ontplooing. Meeste van die ministers in die kabinet hoort nie daar nie want nes Cele is hulle onbekwaam. Die hele ANC inkluis die president is onbevoeg om n land te bestuur

Manie ·

Hoe vorder die botaniese ingenieur se ondersoek na verlede jaar se groot wapen en ammunisie diefstal in KZN?

JohanR ·

In enige ander regering in die wereld sou die ou nooit eers van gedink geword het vir Minister van Polisie. Die ou is net vrek sleg en kan nie verstaan wat Cyril in hom sien on hon aan te hou nie. Miskien het die ou iets te wete van Cyril?

annie ·

Hoekom het Cyril die ou man aangestel. Hy het reeds sy styl gewys en totaal ongewild onder die meeste polisielede. Maar nee… Hoekom is Cele so verknog aan sy kroon? Sy hele persoonlikheid straal daaruit. Op die groot begrafnis val Cele weg met ‘n ANC-liedjie wat almal laat giggel…nogal… en op ‘n begrafnis?

Lee ·

Cele is totaal onbevoeg vir sy pos. Hy is ‘n windlawaai. Daar is ‘n hele paar kaders soos hy wat die land onregeerbaar maak.

Niklaas ·

Hoedman is onbevoeg vir daardie pos. Maar ek dink hy het “godfather” wat hom beskerm, dalks met die naam Cyril.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.