10 stappe teen plaasmoorde by regeringwerkswinkel voorgestel

(Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

AfriForum het tydens ’n regeringwerkswinkel oor landelike en stedelike veiligheid tien stappe voorgestel wat die vlaag van plaasmoorde doeltreffend sal bekamp. Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het virtueel aan die werkswinkel deelgeneem om AfriForum se perspektief oor en voorgestelde oplossing vir landelike veiligheid en die plaasmoordkwessie oor te dra.

AfriForum se aanbieding het ’n oorsig behels van die landelikeveiligheidskrisis en redes waarom plaasmoorde as unieke misdade beskou behoort te word, asook die uitdagings wat tot konflik lei. Die aanbieding het die kwessie van negatiewe stereotipering van boere en haatspraak aangeraak. Aan die einde het AfriForum voorstelle gelewer om landelike veiligheid te verhoog.

“AfriForum voer sedert 2012 ’n veldtog om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te laat klassifiseer. Dit is egter sedert die organisasie se ontstaan ’n aktiewe rolspeler in die stryd teen plaasaanvalle en -moorde,” sê Roets.

“AfriForum het voorheen by verskeie geleenthede sy hand na die regering uitgesteek om feite oor plaasaanvalle en -moorde aan te bied. Ons hoop egter dat dié aanbieding die eerste van vele ander geleenthede sal wees om die organisasie se gedetailleerde ondervinding van en navorsing oor landelike veiligheid na die tafel te bring,” sluit Roets af.

AfriForum se tien voorgestelde stappe is:

  1. erken die erns van die krisis en stel statistieke oor plaasaanvalle en -moorde kwartaalliks vry
  2. hou onafhanklike navorsing vol oor die ware omvang van die krisis, die manifestering van dié aanvalle en die doeltreffendheid van ’n reeks teenstrategieë
  3. betrek plaaslike gemeenskappe deur middel van regeringsbefondsde strukture om die voormalige rol van die kommandostelsel te vervul
  4. erken plaasaanvalle as ’n prioriteit van die direktoraat wat prioriteitsmisdade ondersoek (die Valke)
  5. skep ’n vennootskap met die burgerlike samelewing om die SAPD se reaksie op plaasaanvalle te versterk
  6. hersien die Nasionale Strategie vir Landelike Veiligheid om veral voorsiening te maak vir ’n gefokusde reaksie op plaasaanvalle
  7. stig spesialis-landelikeveiligheidseenhede
  8. bewerkstellig ’n holistiese benadering tot plaasaanvalle, teenoor die uitsluitlik plaaslike fokus in reaksie op individuele plaasaanvalle asof dit geïsoleerde gevalle is
  9. Voorsien omvattende slagofferondersteuning dwarsdeur die hele proses
  10. Promulgeer wetgewing ingevolge waarvan plaasaanvalle meer omvattend hanteer word – dit moet insluit die kriminalisering van haatspraak wat geweld teen boere aanwakker of verromantiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Werner ·

Afriforum nuusberig .Die regering het nie meer geld om iets soos n komando te finansier nie.Ons is op onsself aangewese.Dit is hoekom TLU al vir die afgelope 25jaar plaaswagte en veiligheids groeppe stig.Dit help nie jy hol na die wof toe wat die skape vang vir hulp nie

Hennie ·

Dis presies wat die kornuite nie sal doen nie! Plaasmoorde is ANC se gunsteling sport!

Hennie J ·

Miskien sou our people meer aandag aan Afriforum se voorlegging gegee het as hulle n elfde punt aangestip het. Punt no. 11 : Die vestiging en finansiering van n gewapende mag om boere en plase te beskerm en te beveilig.

Regverdigheid ·

Hoop daar sal iets van kom ons kry lee beloftes en boere word uitgemoor

Smurf ·

Dit is n geproes teen die donderweer. Hierdie is een van die regering se top prioritete vir transformasie….

Carel Johannes ·

Goeie voorstelle vanaf Afriforum, maar, waar gaan arme Cyril nou grond kry “our People”? Wie het altyd gesê? “Wat ‘n gemors van ‘n gemors?”

Johan ·

Die Hemele behoed ons is hierdie land., ek stel voor dat almal wat kan,maar oppak en gaan….die skrif is aan die muur…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.