11 Kubaanse dokters kos Gauteng R14 miljoen

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die Gautengse departement van gesondheid bestee R14 miljoen per jaar aan 11 Kubaanse dokters, ondanks die groot aantal werklose Suid-Afrikaanse dokters.

Dié inligting is Maandag in antwoord op ʼn vraag in die provinsiale wetgewer deur Nomantu Nkomo-Ralehoko, die LUR vir gesondheid, bekendgemaak.

Die Kubaanse dokters is by verskeie gesondheidsfasiliteite en distrikskantore in diens geneem, onder meer in Johannesburg en Ekurhuleni se distrikskantore, asook in die Tembisa-hospitaal in Pretoria en en die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus.

Die Kubaanse dokters se jaarlikse salarispakkette wissel van R1,2 miljoen tot R1,64 miljoen, wat ʼn totale jaarlikse uitgawe van R14 miljoen beloop.

Volgens die LUR is dié dokters se diens deel van die Suid-Afrika-Kuba-ooreenkoms en het hulle verdragsvisums om in Suid-Afrika te woon en te werk.

Sommige van hul kontrakte verstryk vanjaar en die departement sê hy sal die personeelbehoeftes aan die einde van hul kontrakte evalueer.

Volgens Jack Bloom, DA-woordvoerder in Gauteng, is dit verregaande dat Kubaanse dokters in Suid- Afrika in diens geneem word in plaas van gekwalifiseerde plaaslike dokters.

“’n DA- provinsiale regering sal alle kontrakte met Kubaanse dokters kanselleer en voorkeur gee aan plaaslike dokters”, sê Bloom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

minnie muis ·

kubaanse skuld wat tax payer moet betaal, van die sogenaamde struggle tyd af

Di ·

Dis mos payback time vir die die ANC Kaders! Aalmal wat hulle gehelp het in die “struggle” moet voorkeur geniet, ten koste van hulle eie mense. Hulle is meer behep met ander lande se doen en lates in stede van om daadwerklik ‘n poging aan te wend om die algehele ineenstorting van alles in ons land te probeer omkeer.

domheks ·

Die Kubane kan nie eers behoorlik kommunikeer met pasiente nie! Tot die Susters aan diens verstaan nie wat hulle bevinding is nie. Red nou ‘n volk met sulke besluite.

Republikein in die Wes Kaap ·

En daai 11 dokters ontvang ‘n fraksie van die geld. Die res word aan die regime in Havana oorbetaal.

Catherina ·

Oeps! Baie interessant. Nou wat van ons junior dokters wat nie werk het nie…… . Only in RSA!

Papsak ·

Is hier nie genoeg wit dokters nie HOEKOM KUBAANSE DOKTERS en ons moet betaal daarvoor hulle verstaan ons nie eers nie weer mooi voorbeeld van hoe dit in SA geoperate word dit is nou vir die anc goed hulle net so onnooslik soos Kubane klaar ?????

koos10 ·

Die ANC bly lojaal, ongeag wat sy bondgenote doen. Rusland en Palestina begin of volhard met wapen geweld teen ander lande en die ANC weier om dit te veroordeel, en probeer die selfs goed praat en regverdig. Kuba vra net vir geld, en dra niks by tot ons land nie, en kry dit. En sommer baie daarvan.

Burt ·

en so het ‘n jong, vroulike Kubaanse narkotiseur geweier om voort te gaan met my breuk operasie in steve biko hospitaal, weens my vorige hartaanvalle, hartprobleem onder andere misvormde ventrikel. Vir my, as ‘n senior pasient my rustig gesels en verduidelik, en met warm lugkussing op operasie tafel gehou, en die probleem met haar suid-afrikaanse kollegas openlik voor my bespreek. Ek is nie daardie dag geopereer nie weens haar weiering, maar is die volgende dag weer operasiesal toe, met suid afrikaans narkotiseur. hartstilstand op operasietafel ondervind, maar gelukkig steeds vandag hier. wat my aan betref, kan daardie geldjie gerus na haar toe gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.