Die polisie in die Vrystaat ondersoek die afsterwe van 11 mense wat uit ʼn myn in Welkom gehaal is.
Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat die liggame uit die myn gehaal is. “Mynsekuriteit het die polisie Maandag omstreeks 10:00 in kennis gestel dat die liggame uit die Eland-skag gehaal is,” het sy gesê. Dit volg ná ʼn ontploffing ondergronds verlede Donderdag, 11 Mei.
“Die liggame het reeds begin ontbind en van die liggame het naamplaatjies gehad. Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie, dit word ook ondersoek.”
Van die persone, wat nie werknemers was by die myn nie, moet nog uitgeken word en ondersoek moet ingestel word om te bepaal wat hulle ondergronds gedoen het. Nadoodse ondersoeke sal ook gedoen word.
Ontploffing? Metaangas(?) is niemand se maat.