Wegholseges was Saterdag weereens aan die orde van die dag in die jongste weekronde van die KwaZulu-Natalse Premierliga.
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 Mei 2017
Namibië kies o.20-losskakel vir Nasiesbeker
Namibië het sy o.20-losskakel ingesluit in sy nasionale span vir die komende toernooi om die Nasiesbeker in Montevideo, Uruguay.
Dís wat vlak 4-waterbeperkings in Kaapstad beteken
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het Dinsdag voorgestel dat die raad vlak 4-waterbeperkings instel. Indien dit goedgekeur word, sal die waterbeperkings van 1 Junie ingestel word.
Plaasaanvallers loop hul vas teen die gemeenskap
AfriForum se Marble Hall-buurtwag het Maandag, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Heritage Protection Group, plaaslike boere, asook ander organisasies, drie plaasaanvallers vasgetrek.
‘Gewelddadige betogings kan dalk aan SA se verlede gekoppel word’
Die geweld wat met diensleweringsbetogings in Suid-Afrika verbind word, kan dalk gekoppel word aan die gewelddadige aard van betogings tydens die struggle teen apartheid, het minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, Dinsdag gesê.
McBride vs Phahlane in die parlement
Die spanning het Dinsdag hoog geloop in die parlement toe die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, teen die polisiewaghond-hoof Robert McBride te staan gekom het.
Kampsbaai-moord: Pa kan wéér nie getuig nie
Gabriela Kabrins Alban se pa is Dinsdag vir die tweede dag nie geroep om in die Wes-Kaapse hooggeregshof te getuig nie.
11 liggame uit Vrystaat-myn gehaal
Die polisie in die Vrystaat ondersoek die afsterwe van 11 mense wat uit ʼn myn in Welkom gehaal is.
Parys-boere: Patoloog kruisondervra
Adv. Hans de Bruin vir die verdediging het dr. Buang Lairi uitgevra oor die rowwe terrein waarop die polisievangwa gery het en die moontlikheid dat die twee oorledenes agter in die vangwa hul beserings opgedoen het.
ToekomsVenster: Vertrou Hom vir bewaring
ʼn Mens speel egter nie met die bose nie. Selfs die aartsengel het nie met hom in gesprek getree nie, maar net gesê die Here bestraf jou. Ek reken dat ʼn mens veel liewer jou aandag aan God sal gee en Hom sal vertrou vir bewaring.
[Video] Seekoei in buurt laat almal gons
Sosiale media gons behoorlik oor ʼn seekoei wat Dinsdag rustig in die strate van die Ledibeng Eco Estate in Limpopo rondgeloop het.
[Video] ‘Polisiekarkaper’ vas ná jaagtog, botsing
ʼn Hoëspoedjaagtog deur die strate van Alberton aan die Oos-Rand het tot ʼn dramatiese einde gekom toe ʼn verdagte glo geskiet is en ʼn gekaapte polisiemotor in ʼn ongeluk betrokke was.
Reeksverkragter beken skuld: ‘Só het ek dit gedoen’
Die 34-jarige man het meisies so jonk as 11 jaar oud verkrag.
‘Godsdienssaak raak 24 000 skole’
“Wat die applikante doen, is om te probeer om die morele gom wat Suid-Afrikaners aan mekaar bind, te vernietig.”
Tiener ontwerp ligste satelliet nóg
ʼn Tienerseun van Indië het ʼn satelliet ontwerp wat slegs 64 g weeg.
Verskeie nuwe gesigte by Pumas
Verskeie nuwe gesigte het hulle by die Pumas aangesluit, luidens ʼn verklaring wat Dinsdag in Nelspruit deur die bond uitgereik is.
‘Heilige tablette’ toe antieke fopnuus
“Heilige kliptablette” met Hebreeuse skrif wat glo in antieke aardwerke in die VSA gevind is, was toe glad nie wat wetenskaplikes geglo het nie.
Spelling en handskrif in ʼn digitale wêreld
Kinders moet steeds die vaardigheid van spelling en ’n netjiese handskrif bemeester in ʼn wêreld waarin speltoetsers en sleutelborde alledaagse hulpmiddels geword het.
[Video] Bylmoorde: Henri se hare in die kollig
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het getuienis aangehoor van ’n forensiese wetenskaplike van die polisie rakende ʼn haar wat in Marli van Breda se hand gevind is.
Wettelose gemeenskappe bedreig die toekoms van SA
Indien ons Suid-Afrika uit die moeras wil lig waarin die land hom tans bevind, gaan dit ʼn reusespanpoging deur die kerk en samelewing verg.