12 ontsnap uit selle by Mt. Frere

(Argieffoto: pixabay)

Die waarnemende polisiehoof in die Oos-Kaap, genl.maj. Zithulele Moses Dladla, het die polisie se 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel nadat 12 gevangenes Donderdag in die vroeë oggendure uit die aanhoudingselle van die Mt. Frere-polisiestasie ontsnap het.

Polisiebeamptes was glo omstreeks 02:00 besig met ʼn roetinepatrollie van die selle toe hulle op ʼn gat in die muur van een van die selle afgekom het. Altesame 12 gevangenes was skoonveld. Die heining om die gebied by die selle is ook geknip, sê kol. Priscilla Naidu.

Die 12 is aangehou op aanklagte wat wissel van diefstal tot gewapende roof en verkragting.

“Die gevangenes is gevaarlik en moenie genader word nie. Mense moet eerder die polisie inlig of ontbied,” sê Naidu.

Die gevangenes wat ontsnap het, is: Luthando Mangaliso (verkragting), Sikhona Manyambela Ntabankulu (roof met verswarende omstandighede), Funisile Nodada Ntabankulu (roof met verswarende omstandighede), Ntokozo Diko Ntabankulu (roof met verswarende omstandighede), Mandla Mcukana (roof met verswarende omstandighede), Bandile Banzi Blaai (roof met verswarende omstandighede), Aphelele Aros (gewapende roof), Nkosikhona Ngcopheni (diefstal), Ayanda Madzikane (roof met verswarende omstandighede), Luphumzo Sodladls (huisroof), Mbonowenkosi Boto (roof met verswarende omstandighede) en Spelele Ngqetho (roof met verswarende omstandighede).

Foto’s van die groep was nie dadelik beskikbaar nie.

Enigiemand met inligting oor die voortvlugtendes kan die bevelvoerder van die Mt. Frere-polisiestasie, kol. Fundiswa Mhlamanzana, by 082 499 2480 of 039 2550550 bel, of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Misky ·

Hierdie tipe ding raak nou ‘n alledaagse ding…. laat mens wonder

Gerhard ·

Ja nee, ek stem saam. Hier is korrupte beamptes betrokke. Hier sal drasties in die land van ons moet gebeur ten einde wet en orde weer in lyn te kry.

Magda G ·

As gereelde inspeksies uitgevoer was die gat opgemerk gewees het
Blinde oog gegooi

Di ·

Hierdie tipe berigte raak ook nou algemeen – elke week is daar misdadigers wat ontsnap. Doen deeglike ondersoek, iemand binne wat hulp verleen teen vergoeding

Nuustak ·

die instandhouding by die aanhoudingselle is seker so swak dat die muur seker vanself ‘n gat in geval het

Nie Verbaas ·

Wel as wagte sit en slaap soos talle kere al gesien is in polisiestasies dan is dit geen verassing nie. Is daar iets wat die klomp kaders reg kan doen?

Frederik C ·

Met inagneming van die toestand van die aanklagkantore, kan die aanhoudingselle seker nie in ‘n beter toestand wees nie. Dis hoekom hul deesdae so maklik uitkom.

Hasie ·

Hoe maak mena gat in muur sonder om te raas ? iewers is ‘ n vet stinkende rot.

Marcello ·

Waar op dees aarde is : Mt. Frere polisiestasie?? Dit laat my nou dink aan ‘n insident, my dogter het Regte gestudeer, sy moes een keer na die Polisiestasie op die spesifieke dorp gaan om dokumente te laat sertifiseer, die persoon aan diens was besig om Kentucky te eet, daar is vir haar gesê: Sit solank, as ek klaar geëet het, sal ek hoor wat jy wil hê. LOL !!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.