13-jarige glo in koshuis verkrag

(Argieffoto ter illustrasie.)

’n Graad 8‑leerling aan ’n hoërskool in Queenstown is glo onlangs deur drie medeleerlinge in die skoolkoshuis verkrag.

Die 13-jarige meisie is op 6 Junie na bewering deur drie skoolseuns verkrag. Die verkragting het egter eers Vrydag onder die aandag van die Oos-Kaapse departement van onderwys gekom.

Die seuns is in hegtenis geneem en intussen op borgtog vrygelaat.

Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, veroordeel die voorval ten sterkste en sê streng dissiplinêre stappe word teen die seuns gedoen. “Daar is tans ’n hangende dissiplinêre verhoor teen hulle,” het die LUR bygevoeg.

’n Maatskaplike werker is sedertdien aangewys om die meisie en haar gesin by te staan en die departement van onderwys sowel as die departement van gesondheid verleen in die stadium ondersteuning.

“Ons sal seker maak dat geregtigheid vir die slagoffer geskied.”

Gade wys voorts daarop dat voorvalle waar leerders onsedelik by die skool optree nié geduld sal word nie. Volgens die LUR blyk daar ’n nuwe pandemie te wees waar seuns meisies verkrag, of waar ’n mansonderwyser ’n meisie verkrag of ’n verhouding met die meisie aanknoop. Sommige vroue-onderwysers knoop volgens Gade ook verhoudings met skoolseuns aan.

Die LUR waarsku dat dié optrede nie geduld sal word nie en waarsku ook dat summiere ontslag sal volg indien die oortreders skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hasie ·

Hoop hul word as volwassenes vervolg aangesien hul volwasse spelletjies speel !

Christine ·

Liewe hemel, skoolkinders wat reeds verkragters is, wat gaan van hulle word as grootmense? Die ouers en leerkragte faal die jeug met hul swak opvoeding en voorbeeld, en ja, daardie jeug se morele kode ontbreek geheel en al.

Jr ·

Snaaks hoe in sekere gevalle word die ras van oortreeders genoem en in ander nie. Pas seker nie die agenda nie

Stephanus ·

Wetteloosheid is aan die orde van die dag, want die doodstraf word mos nie toegepas nie…

honeybee ·

Wat maak seuns in n meisies koshuis? Bly hulle nie apart nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.