“Verlede jaar was daar heelwat boere wat in dieselfde ouderdomsgroep geval het; hierdie jaar is daar iets vir almal.”
Lees meerAlles vir Sondag 3 Julie 2022
Bravo, Carlos!
Die Ferrari-renjaer Carlos Sainz het met die louere op Silverstone weggejaag.
Haai-aanval eis twee in Rooisee
Een van die slagoffers was ’n Oostenrykse toeris wat in Egipte vakansie gehou het.
Die Briels se dogter Anita sterf
Anita het as kind in Die Briels se plate gejodel en het selfs saam met haar ouers in die “Die Mynerslied” gesing.
SA ryer trap 986 km vêr in Kalifornië vir goeie doel
Grant Lottering het tydens dié rit van drie dae en nagte lank 18 000 meter oor 16 berge geklim en slegs twee ure en 45 minute geslaap.
Wakker toeris stuit ‘renosterstropers’
’n Besoeker aan die Krugerwildtuin het Vrydag geweerskote gehoor.
Australiese ooskus oorstroom weer
“Dit is ’n lewensgevaarlike noodsituasie.”
440g by geboorte: Drie jaar later verbaas sy ouers steeds
“Dis ʼn voorreg om haar mamma en pappa te wees. Om te sien waar sy was en wat sy vandag regkry, maak die wonderwerk net soveel groter.”
Bokke moet beter in Bloemfontein wees
“’n Paar harde woorde het teen rustyd geval, maar ons is volwassenes.”
Tereza Troskie-Herbst, die skoonheid wat ’n goeie fee vir ander is
Glans en drama. Dis waarmee mense die skone Tereza Troskie-Herbst (53), wat in 2000 as Mev. Suid-Afrika en in 2002 as Mev. Wêreld (Internasionaal) gekroon is, assosieer. Dit gebeur so dikwels dat mooi vroue op hul baadjies getakseer word. Maar vir hierdie Bloemfonteiner oor wie al jare lank geskryf, geskinder en gegis word, gaan dit oor veel meer as haar voorkoms.
Boer in hof ná hy glo wapen op polisie rig
Die voorval het hom glo tydens ’n veiling afgespeel.
Koppieteefontein – ’n stoepstorie
Ek toe dink ek by myself dat God gereeld voëls oor my lewe stuur. ʼn Mossie op ʼn sent in Londen, sodat ek weer glo dat ek nie vergete is nie en ʼn klein suikerbek-sonvoëltjie op ons stoep in Somerset-Wes, net om my te herinner… alles sal oukei wees.
Konstabel in Delft doodgeskiet
Drie verdagtes is sedertdien agter tralies.
Nóg ’n week van beurtkrag lê voor
Suid-Afrikaners moet hul staal vir fases 2-, 4-, 5- én 6-beurtkrag oor die volgende paar dae.
13-jarige glo in koshuis verkrag
Drie skoolseuns is in hegtenis geneem en sedertdien op borgtog vrygelaat.
Inskrywings stroom in vir Aitsas wat nou spog met twee nuwe kategorieë
Dié musiektoekennings spog vanjaar ook met twee nuwe kategorieë wat ingestel is om erkenning te gee aan die rol wat stromingsplatforms as nuwe medium vir musiek speel.
Nog maande voor gru-moordsaak weer in hof draai
Siphokazi Booi (27) se verkoolde liggaam is verlede jaar in ʼn asblik langs die Mbekweni-spoorlyn in die Paarl aangetref.
Kyrgios ’n boelie, sê Tsitsipas
“Hy maak die heeltyd van boelie-taktiek gebruik om tenniswedstryde te wen en ek glo hy was self ook ’n boelie op skool. Ek het nie tyd vir sulke mense nie.”
Man vas ná hy glo verkeersbeampte doodry
Die bestuurder van die Renault Sandero het versuim om stil te hou nadat Luleka Sobetshe getref is en verkeersbeamptes het hom agternagesit.
20 km se pypleiding gefynkam ‘vir afsluiting’
“Dit was ’n ondraaglike 20 dae vir die gesin sedert die soektog na die 6-jarige seun begin het.”