20 km se pypleiding gefynkam ‘vir afsluiting’

Khayalethu Magadla

Soek-en-reddingsdienste het 20 dae lank meer as 20 km se pypleiding deurkruis voordat klein Khayalethu Magadla se liggaam gevind is.

Dié sesjarige seuntjie het op 12 Junie in ’n oop mangat geval toe hy saam met maats in Dlamini Park in Soweto gespeel het. Sy liggaam is eindelik Saterdag om 12:23 naby die Eldorado Park-begraafplaas uit die verdeelkamer by die eerste mangat in die rigting van die Eldorado Park-afvalwateraanleg gebring.

Tientalle soek-en-reddingswerkers het byna drie weke lank in die rioolstelsel na Khayalethu gesoek terwyl Johannesburg Water water uit verskillende rioolstelsels gedreineer het om die soek-en-reddingswerkers in hul soektog na Khayalethu by te staan.

Maroela Media het vroeër berig dele van Johannesburg het sonder water gesit sodat die soektog na Khayalethu kon voortduur.

“Dit was ’n ondraaglike 20 dae vir die gesin sedert die soektog na die 6-jarige seun begin het,” sê David Tembe, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid.

Tembe het sy medelye met Khayalethu se naasbestaandes betuig.

“Ons spanne het onverpoos gewerk om te verseker dat die gesin afsluiting vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Delia ·

Goeie werk. Dit is n tragiese voorval, maar ek is so bly die kind is gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.