13-jarige in Phoenix geskiet

Foto: Reaction Unit South Africa

ʼn 13-jarige seun is in ʼn bedenklike toestand ná hy Donderdagoggend in Fernhamrylaan in Phoenix in KwaZulu-Natal geskiet is.

“ʼn Lid van Reaction Unit South Africa (Rusa) was omstreeks 09:30 op patrollie in die gebied toe hy gesien het die tiener het ʼn ernstige besering aan sy regter-bobeen opgedoen,” het Rusa in ʼn verklaring gesê. “Rusa se paramedici is onmiddellik ontbied en hulle het kort daarna by die toneel opgedaag.”

ʼn 12-jarige maat van die seun het aan die beamptes gesê hulle is albei graad 8-leerders by ʼn skool in Ntuzuma. “Hy het gesê sy vriend het ʼn selfoon by ʼn ander skolier gesteel en hy het van die toneel gevlug toe vier mans in ʼn wit Volkswagen Polo verskeie skote op hom gevuur het. Een van die skote het hom in die been getref en hy het geval.”

Die insittendes in die Polo het die selfoon teruggevat en hom op die sypaadjie vir dood agtergelaat. “Die 12-jarige het sy vriend gehelp om na ʼn mediese fasiliteit te loop toe die Rusa-beampte hulle opgemerk het.”

Die seun is op die toneel gestabiliseer voor hy in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem is.

Rusa-beamptes het ʼn soektog van stapel gestuur na die wit Volkswagen Polo, maar die soektog het nog nie enigiets opgelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wielspore ·

Misdaad kom teen ‘n prys, gewoonlik vir die slagoffer, in hierdie geval was dit die oortreder.
Misdaad is nie volhoudbaar, daar is geen wenners.

Chris dupreez ·

Hoe skiet jy n kind , maak nie saak wat hy gedoen het nie. Ek hoop hulle word gou aangekeer

AmY ·

Maar jy mag mos nie meer die kinders tug (slaan nie), nou wat moet mens dan nou doen?

Blomme ·

Skiet is dan nou SA se nasionale sport! Die regering moet nou nog net trofees begin gee vd skieters. Dis tog per slot van sake deur hulle toedoen dat die wilde weste nou realiteit geword het in ons eens pragtige land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.