13 kettingsae tydens huisroof gebuit

Die verdagtes het met 13 sae in die inwoners se Toyota Belta op die vlug geslaan (Foto: Verskaf)

Die polisie op Sabie, Mpumalanga, is op die spoor van drie verdagtes wat Dinsdagaand ʼn huis op die dorp beroof en 13 kettingsae gebuit het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die Valke, het drie gewapende mans omstreeks 23:30 die betrokke huis betree. Die inwoners van die huis was aan die slaap.

“Die drie vermeende rowers het ʼn deur van die huis oopforseer om die huis binne te gaan en die inwoners het van die lawaai wakker geword,” sê Mohlala.

“Die rowers het vuurwapens op die inwoners gerig en kettingsae sowel as ʼn motorsleutel geëis.”

Die verdagtes het met 13 sae in die inwoners se Toyota Belta op die vlug geslaan. Die voertuig is later verlate in ʼn veld gevind.

“Die polisie op Sabie ondersoek ʼn saak van huisroof. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisnemings van die verdagtes kan lei, kan sers. Mopholoshi Molobela by 071 685 1211 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wielspore ·

In die Laeveld en ander plekke word inheemse bome geplunder en die hout word langs die pad verkoop. Dit is waarvoor hierdie ketting sae gebruik word.

Shakespeare ·

Of Zimbabwiers, Mosambiekers, Nigeriers wat vrek vd honger onder hulle staatsbestel of Suid Afrikaners wat vrek vd honger onder ANC beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.