
Koedoe (Foto: skeeze, Pixabay)
Altesaam 15 persone is Vrydagoggend beseer nadat ʼn taxi ʼn koedoe op die N3 op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal getref het.
“Die taxi het naby die biltongwinkel onder in die pas gery toe ʼn koedoe oor die pad gehardloop het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Altesaam 15 insittendes het beserings opgedoen, maar slegs twee persone het verdere behandeling benodig. Hulle is na ʼn hospitaal in Ladysmith geneem vir verdere behandeling.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Bly niemand is dood. Wil net weet wat het met koedoe gebeur?
Die Koedoe was dalk op pad na die Biltong Winkel………
arme kudu lol mos biltong tyd nou sal ma kyk waar ek n kudu kan raak ry hier in limpopo
Dit is maar ‘n maer-gai koedoe op die foto. Vreeslike horings maar min biltong.