15 in skietery by taverne in Soshanguve gewond

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Andri Tambunan / AFP)

Die polisie ondersoek 15 sake van poging tot moord ná ʼn skietvoorval Sondagaand by ʼn taverne in Soshanguve noord van Pretoria.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, het ʼn verdagte die taverne binnegekom en sonder waarskuwing begin losbrand. Die persoon het glo nie ʼn enkele woord geuiter nie.

Altesame 15 mense is in die skietery beseer.

Die motief vir die skietvoorval is nog onbekend en niemand is al in hegtenis geneem nie.

Nevhuhulwi sê toe die polisie na die toneel ontbied is, het hulle verskeie beseerde klante met skietwonde aangetref. Die slagoffers is na ʼn nabygeleë kliniek vir verdere behandeling geneem.

Die ondersoek na die voorval duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Petrie ·

Wie ook al geskiet het is n baie swak skut. Verder kan die rede vir die skietery net aan n gesuipery toegeskryf. Dis dalk ook dan die rede dat skieter almal gemis en net gewond het.

Harley Davidson ·

Dit sal hulle leer om die Sondag te eerbiedig en nie in tavernes rond te hang nie.

Eugene ·

Dis nie skade nie. Plaasboere word dood geskiet, en daar word niks aan gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.