152 vuurwapens by oudsekuriteitsfirmas gevind

(Foto: SAPD)

Polisiebeamptes in Limpopo het vandeesweek op 152 vuurwapens beslag gelê tydens ʼn operasie om sekuriteitsondernemings op te spoor wat toegemaak het sonder dat hulle die maatskappy se vuurwapens by hul werknemers teruggekry het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het opdrag gegee dat ʼn kitseenheid op die been gebring word om dié voormalige veiligheidswagte op te spoor. Volgens Ledwaba vorm hierdie operasie deel van die polisie se pogings om misdaad wat met behulp van vuurwapens uitgevoer word, te voorkom.

“Die operasie is in die Thohoyandou-gebied uitgevoer. Altesaam 34 sekuriteitsondernemings is besoek en uiteindelik is 152 vuurwapens en 93 patrone teruggevind,” sê kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie. “Die vuurwapens en ammunisie sal vernietig word sodra die behoorlike prosedures afgehandel is.”

Ledwaba het ʼn beroep gedoen op veiligheidsmaatskappye wat nié aan die Wet op Vuurwapenbeheer voldoen nie, om onmiddellik hul sokkies op te trek of bereid te wees om aan die pen te ry.

“Enigiemand met inligting oor gewetenlose ondernemings wat steeds in hul gebiede bedryf word, word versoek om lt.kol. Justice Nchabeleng by 082 468 3848 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak,” sê Ngoepe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hab ·

More loop die gangsters en plaas moordenaars met daai SELFDE wapens rond.

ne ·

Die plek sê alles. Hoekom is dit nog daar as die besigheid nie meer bestaan nie?

Johanna Botha ·

Maar die wettige eienaars kry heeltyd die hitte …intussen gebeur dit !

Joe ·

Ek stem saam om sulke wapens tot nuut te maak, maar los die man met n wettige vuurwapen uit

George in Bloem ·

Ledwaba en sy manne moet dalk ‘n paar klopjagte en oudits by ‘n paar polisiestasies uitvoer want sommige van hulle kollegas se wapen berging en uitreiking en monitering daarvan is net so pateties en hoogs verdag. Maar dis mos veel makliker om ons gewone wetsgehoorsame vuurwapeneienaars alewig te teiken. Die wapens wat hulle hier teruggekry het is ‘n druppel in die emmer in vergelyking met dit wat wegraak by die polisie en die weermag maar daaraan word bokkerol gedoen nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sover ek verstaan moet ‘n “sekuriteitsmaatskappy” registreer en aansoek doen om vuurwapen lisensies vir elkeen van die maatskappy se vuurwapens wat deur hulle wagte gebruik word, nie waar nie? Nou waarom moet die SAPD nie hierdie maatskappye “soek” en die gemeenskap vra om inligting te verskaf? Die SAPD behoor mos ‘n volledige stel rekords te hê van elke maatskappy EN hoeveel vuurwapens hulle het….waar dit gehou word…en wie verantwoordelik is? O nee, goeiste….verwar ek nou Suid Afrika met ‘n Eerste Wêreld Land….sorry…

Swannie ·

Miskien is ek te dom om hierdie berig te verstaan.

Volgens die opskrif is die wapens by oudsekuriteitsfirmas opgespoor – wat nie waar is nie !!

Wanneer ek verder lees staan daar duidelik dat die WERKNEMERS van die oudfirmas nie hul wapens ingehandig het nie.

DUS< die wapens was in die oud werknemers se besit.

MIskien moet die berigte nagegaan word voor plasing sodat dit ten minste sin maak.

Grassie ·

Hulle moet eerder die polisie se gewere vat, hulle help elkgeval niks nie. Daardie gewere gaan môre al in een of ander misdadiger se hande wees.

Grassie ·

Die “Grassie” wat hierdie sinnelose kommentaar gelewer het is nie ek nie. Dit is ‘n onbekende persoon wat my naam gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.