Sewentien mense sal vandeesweek in die Blue Downs-landdroshof verskyn in verband met die moord op ses mans van Kraaifontein in Kaapstad.
Volgens kol. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sal die verdagtes Dinsdag aansoek doen om borgtog.
Die liggame van ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, is op 9 Desember in Joostenbergvlakte naby Kraaifontein aangetref. Verbygangers het die gru vonds gemaak. Die mans se hande is agter hul rûe vasgemaak en hulle het gesig na onder gelê. Hulle is met klippe doodgegooi.
Agt mans is op 17 Desember in hegtenis geneem in verband met die moorde, maar aanklagte is tydens die hofverrigtinge teen een van die verdagtes teruggetrek weens ʼn gebrek aan voldoende bewyse.
Teen 29 Desember is altesaam 13 mense in verband met die moorde in hegtenis geneem.
Kinana kon nie dadelik bevestig wanneer die ander vier in hegtenis geneem is nie.
Lees alle vorige berigte oor Kraaifontein op Maroela Media.
8-1+4=13???
Kanselleer!!