178 000 kinders laaste dekade in staatshospitale dood

Foto ter illustrasie. (Foto: Piron Guillaume)

Uit die 178 445 kinders tussen 0 en 5 jaar oud wat die afgelope dekade in ’n Suid-Afrikaanse staatshospitaal dood is, het 19 707 weens longontsteking en diarree gesterf.

Altesaam 12 582 is dood weens matige en ernstige, akute wanvoeding.

Altesaam 12 224 kindersterftes tussen 2013 en 2018 was weens onnatuurlike oorsake, sê die minister van gesondheid in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA.

Die opposisieparty sê gegewe dat ’n studie wat in neonatale sale in Suid-Afrikaanse distrik- en streekhospitale gedoen is, bevind het dat 33% van pasiënte longontsteking het, “sou dit net logies wees om aan te neem dat minstens 3 000 van die 10 216 longontsteking-verwante sterftes aan hospitaalverwante infeksies toegeskryf kan word”.

Michele Clarke, die DA se woordvoerder van gesondheid, sê die haglike toestande by die gesondheidsfasiliteite waaroor die DA toesig hou, is tekenend daarvan dat pasiënte ’n hoë risiko vir infeksie in dié fasiliteite loop.

Clarke sê die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan nie die kwessies oplos nie.

“Die ANC sien die magdom probleme wat die openbare gesondheidsektor teister as ’n kwessie van befondsing, terwyl die probleem eintlik by bestuur lê – die bestuur van befondsing, die bestuur van hulpbronne, die bestuur van personeel, die bestuur van projekte en prosesse, en die bestuur van gevolge.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lillian ·

Want dié wat daar werk het geen empatie vir hul medemens nie, dis net ‘n job met byvoordele.

annie ·

Die parassietiese aard van die ANC het die land in al sy fassette deurgevrot. Die gesondheidsversekeringstelsel word in die buiteland getoets en dit misluk. Die ANC wil dit instel vir nog geld en mag. Dis deel van die chaos ná 1994: Lewens word opgeoffer ten bate van ‘n vals droom. Die ANC sal nooit erken hy kan nie regeer nie. Cyril gooi net geld of mense na probleme met ‘pledging’ as basisplan. Afsonderlike ontwikkeling het bloot Afrika verhoed om ander te beheer om te kan teer.

Shakespeare ·

Die regering sal nie hul BEE slagting van ons land en sy mense stop nie. Verwag dat dit nog erger gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.