18-jarige van ses moorde verdink

(Foto: Shutterstock)

Dit het die polisie in KwaZulu-Natal net meer as 24 uur geneem om ʼn deurbraak te maak in ʼn voorval waartydens ses mense Saterdagaand doodgeskiet is.

“Die ses mense, insluitend twee sussies, is Sondagoggend dood aangetref toe die polisie na die toneel in Entabeni in Umbumbulu ontbied is,” sê kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die polisie. “Vier liggame is in een vertrek gevind, een persoon het langs die huis gelê en ʼn sesde persoon is ʼn paar meter van die huis af gevind.”

Die polisie het dadelik ʼn ondersoek van stapel gestuur.

“ʼn 18-jarige verdagte is Maandag in hegtenis geneem. Hy word daarvan verdink dat hy verantwoordelik is vir die ses mense se dood.”

Netshiunda sê dwelmmiddels is in die huis gevind.

Die man sal binnekort in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort. Nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Amelia ·

Dwelms is lyk my oral mense verniel hul eie en ander se lewens

Aggie ·

Dwelms en drank is die grootste verwoesters van menselewens. Hierdie tragiese storie bewys dit maar net weer.

Laksman ·

Sou die voorval in Amerika wees, was dit n “massa skietery” klink dam baie erger wanneer daar na die wapenwette gekyk word om die mense te ontwapen. Hier in SA is dit net nog 6 (of dan maar net 6 uit die 83 vir die dag)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.