2-jarige glo in isolasiesaal verkrag: ‘Ons soek geregtigheid’

(Foto: Jonisayi Maromo/African News Agency)

Die pa van die tweejarige meisie wat glo verkrag is terwyl sy in ʼn Covid-19-isolasiesaal in die Dr. George Mukhari-hospitaal in Pretoria was, eis dat geregtigheid seëvier.

Die pa, wat nie geïdentifiseer kan word nie ten einde sy dogtertjie te beskerm, het Vrydag tydens ʼn protesaksie deur #NotInMyName-aktiviste by die hospitaal gesê hy sal alles in sy vermoë doen om geregtigheid vir sy dogtertjie te kry.

“Ek doen ʼn beroep op die nasie, ek smeek mede-Suid-Afrikaners – help my asseblief, my dogter verdien geregtigheid. Help my asseblief, want my dogtertjie is deur iemand in hierdie hospitaal skade aangedoen.”

Volgens die pa het die gesin nog geen hulp ontvang ná die beweerde voorval nie. “Ons het nou oproepe ontvang nadat die saak aandag in die media geniet het.” Nadat die dogtertjie ontslaan en huis toe geneem is, het haar ouers onraad vermoed en haar na ʼn kliniek geneem waarna hulle terug verwys is na die Dr. George Mukhari-hospitaal.

Die polisie het die kind se ouers boonop glo van bakboord na stuurboord gestuur toe hulle ʼn saak aanhangig wou maak.

“Die polisie is ontbied maar hulle het vir ure nie opgedaag nie. Ons het die hospitaal verlaat en is na die Ga-Rankuwa-polisiestasie waar ons om hulp gesmeek het.”

(Foto: Jonisayi Maromo/African News Agency)

Siyabulela Jentile, stigter en president van Not In My Name SA, het gesê sy organisasie sal aanhou druk op die owerhede uitoefen tot die skuldige aangekeer is.

Die Gautengse polisie het Maandag gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur na die beweerde verkragting sowel as die bewerings dat die gesin gesukkel het om hulp by die polisie te kry.

“Die bestuur van die SAPD in Gauteng neem kennis van die bewerings en beskou dit in ʼn baie ernstige lig. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, genl.maj. Johan Ndlovu, het opdrag gegee dat daar ʼn interne ondersoek gedoen word na die bewerings,” het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die uitkoms van die interne ondersoek sal bepaal wat volgende gebeur. Ons kan wel bevestig dat ʼn saak van verkragting by die Ga-Rankuwa-polisiestasie aanhangig gemaak is en aandag geniet.”

Die Gautengse departement van gesondheid het gesê die bewerings word ook deur die hospitaal ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cabytheron ·

Siek! Waar is die owerhede? Wat het geword van veiligheid by ‘n plek soos ‘n hospitaal of ‘n polisiestasie?

amapinki ·

Absoluut skokkend! Ook die polisie se trae reaksie! Mag geregtigheid seëvier!

Snowball ·

Waar is Hoed nou? Hy belowe pakslae vir elke roker met “the full wrath of the law” maar die useless polisie kan nie ‘n 2-jarige se verkragter in ‘n hospitaal soek nie, laat staan nog die familie bystaan in die proses om inligting te bekom.
Klugspul!!

JohanR ·

Ja Snowball die ANC bly maar ‘n klomp sirkus narre, en die swakste is Bheki Cele. Hy was eens afgedank. Weet nie wat Cyril besiel het om hom weer aan te stel nie. Maar dan moet elke ANC kader ‘n job he. Soe die kader wiel gaan rond en rond. Jy val af, of is afgeskop maar 5km verder met die pad af, klim jy maar net weer op. Ek is seker as John Block uit die tronk uitkom sal hy net weer op die wiel klim, of miskien self President word!

Lorette ·

Moenie eens van John Block praat nie, wat het van die plaas geword waarop hy kastig geboer het – was glo regeringsplaas. Ek wil nie ooit weer daai man se naam hoor nie! Ek het baie goeie rede om so te sê. Ek hoop hy verrot in die tronk!

marius ·

Liewe magtig ! Verkrag ‘n baba ? Nou moet die pa smeek vir hulp ? Die polisie is laer as kreef mis op die see bodem , en moet asseblief nie kom met die moenie veralgemeen verskoning nie . Dit is sulke dinge wat mense laat knak en begin afmaai !

AmY ·

Dis nou elke ouer se bekommernis wanneer jou kind dalk in isolasie (alleen) mag wees.
Mag geregtugheid geskied.

Isabella ·

Polisie verpleegpersoneel ons is nou nerens meer veilig ..ek ht 3 jr gelede gesien hoe n VERPLEEGSTER n kind 2jr se drup moes opsit en daardi kind hardhandige behandel ht en dt gebeur gereeld …nou is ouers ni toelaatbaar by hul kinders hierdi gan nou baie geneur

Jack ·

Psigopaat wat waarskynlik een van die byna 100 000 prisoniers wat vrygelaat is. Waar is die vinnige reaksie van mkize en ramaphosa oor die geweld teen kinders. Het ek dit gemis? Ek is jammer maar die openlike diskriminasie raak nou een te veel. Ons het ons eie universiteit nou is dit tyd vir n eie hospitaal waar jy en jou kinders veilig kan voel. Moet daar nou n sekuriteitswag by elke kind se bed wagstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.