2 jong mans sterf in huisbrand

Die huis wat gebrand het. (Foto: Verskaf)

Twee jong mans, onderskeidelik 18 en 21 jaar oud, het vandeesweek in ʼn huisbrand naby Witbank (Emalahleni) in Mpumalanga omgekom.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die brand Maandag in Pine Ridge uitgebreek het.

Volgens inwoners was daar die betrokke dag ʼn kragonderbreking in die woonbuurt. Toe die elektrisiteit later aankom het hulle egter een van die huise in rook en vlamme gehul gesien. Verskeie lede van die gemeenskap het na die huis gehardloop in ʼn poging om die vlamme te blus. Hulle kon daarin slaag om ʼn vrou, die mans se ma, uit die brandende huis te red.

Die twee jong mans was egter in die brandende huis vasgekeer en kon nie gered word nie. Albei was in matriek aan die Pine Ridge Combined School.

“Die ma veg tans om haar lewe in die hospitaal,” het Hlathi gesê.

Die oorsaak van die brand word deur forensiese spesialiste ondersoek. Die polisie wag op hul verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alet ·

Ons buurt se krag was so ‘n maand terug af en toe dit aankom was daar ‘n huis in die omgewing waar ‘n kar en afdak gebrand het. Rede op die CPF group was moontlik ‘n spark of iets op die elektriese heining wat veroorsaak het dat ‘n kar wat onder ‘n afdak langs die heining gestaan het, aan die brand geslaan het.

Linda Merwe ·

Huise is soos tronke toegebou a.g.v die onbeheerde misdaad situasie in SA. In ñ brand het jy feitlik geen kans as die enigste uitgang ñ buitedeur is wat ook deur sekuriteitshekke blokkeer word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.