3 in hof oor renosterhoring

Argieffoto

Drie verdagtes het Maandag vlugtig in die landdroshof op Springbok in die Noord-Kaap verskyn nadat hulle die naweek in die besit van twee renosterhorings betrap is.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring Tomas Chester Francisco (35), Mateus Betuel Novela (42) en David Betuel Novela (41) is Vrydag naby die Vioolsdrif-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië in hegtenis geneem.

Volgens Mnisi het die owerhede inligting ontvang van ʼn verdagte motor sowat 20 km van die grenspos. Die motor is deursoek en die polisie het op twee renosterhorings in ʼn sak afgekom.

Die renosterhorings het ʼn geraamde waarde van R648 000.

Die verdagtes sal na verwagting weer op 12 Februarie in die hof verskyn op aanklagte van die onwettige handel van renosterhoring en ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba)

Die drie bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.