3 vandag gevonnis vir bewaarder se grumoord

hof-hamer

Argieffoto

[WAARSKUWING] Van die inligting in hierdie berig is grafies en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

Die drie mans wat vroeër skuldig bevind is aan die brutale moord op ʼn tronkbewaarder wat in 2014 met klippe doodgeslaan is terwyl hy van diens af was, sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis word.

Jean-Claude Uithaler (23), Khawulelani Gqunta (22) en Sinethemba Mfihlo (22) het Quinton Williams in Junie 2014 vermoor toe hy in die vroeë oggendure in Booysens Park huis toe gestap het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn forensiese patoloog het tydens die verhoor getuig Williams het veelvuldige beserings opgedoen en is uiteindelik weens kopbeserings dood. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon dat hy talle frakture aan sy skedel gehad het.

Dr. Greg Ochabski het gesê dié frakture is veroorsaak weens swaar houe oor die kop, “die hardste houe teen die kop wat ʼn mens jou kan indink”.

Williams is met klippe en bakstene aangerand. Hy is ook 30 keer met ʼn mes gesteek en het steekwonde aan onder meer sy longe en niere opgedoen.

Die patoloog het verder getuig dat daar gepoog is om Williams te kastreer en dat hy ook erge kneusplekke en snywonde aan sy gesig gehad het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Katryn ·

Hoe wreed en genadeloos is die drie gewees. Dink aan die familie wat sonder Quintin moet aangaan.

Kootjie ·

Genadelose onkruid!! En van hulle kom geleerd daaruit! Nogal op ons onkoste!!!

INA ·

Lewenslange (tot hul sterf) gevangenis vir àl 3!!! Hulle het gèèn genade vir hul slagoffer gehad nie!!!

Spook op thaba ·

Uifhaler..hy moet uitgehaal word en sommer vinnig ook.

Kokkie ·

Boos ! Net een straf vir hulle en dis die doodstraf. Verwyder hulle uit die mensdom.

Baardman ·

Laat hulle les op sê asb.
Hulle weet nie wat liefde is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.