4 dood, kind kritiek ná botsing

Vier mense is dood en ʼn kind tans is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn vragmotor en motor Dinsdagmiddag reg van voor op die N11 tussen Ermelo en Hendrina in Mpumalanga gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 15:30 na die toneel sowat 13 km buite Ermelo ontbied.

By hul aankoms op die toneel het hulle die wrak van ʼn motor in die middel van die pad aangetref met ’n vragmotor wat langs die pad tot stilstand gekom het.

ʼn Vrou was in dié stadium in die wrak van die motor vasgekeer en ʼn man en drie kinders het naby die motorwrak gelê.

Die man, vrou en ʼn seuntjie, vermoedelik tien jaar oud, het noodlottige beserings in die voorval opgedoen, het Meiring gesê.

Twee ander kinders, ʼn seuntjie en dogtertjie, het veelvuldige beserings in die voorval opgedoen en was albei in dié stadium in ʼn kritieke toestand. Die kinders is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Volgens Meiring het die dogtertjie egter op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd in die voorval.

Omstandighede rondom die voorval is nie duidelik nie. Die toepaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Ronel ·

Ons was die langnaweek op die pad gewees. As ek kyk hoe onverskillig mense ry, kan ek net dink wat hier gebeur het. Opdraende. Sperstreep. Maak jou eie afleiding. Ons het tussen Kroonstad en Richardsbaai 3 ongelukke gesien. Almal of op n draai of sperstreep teen n opdraende.

Nelta ·

Jy het vergeet om te noem “sperstrepe op plekke waar n mens tot volgende week kan sien omdat daar nog verf in die boek was Ronel. Alle simpatie aan die familie en geliefdes en volle herstel vir die kind.

Gert ·

Wil net graag met Nelta saamstem: Lyk my die nuutste gebruik is om eenvoudig die hele pad ‘n soliede sperstreep te verf. Wat hulle daarmee wil bereik weet nugter alleen. Eerstens ignoreer die taxis nog altyd in elk geval sperstrepe, en hulle veroorsaak meeste ongelukke, so hierdie sperstrepe sal definitief nie ongelukke voorkom nie. Tweedens blok hulle die verkeer heeltemal, want as daar ‘n stadige vragmotor is, kan jy nêrens verbysteek nie. Die Schoemanskloofpad en die alternatiewe hoofroete is goeie voorbeelde hiervan. Ek glo dit lei uiteindelik tot ongelukke waar bestuurders later op die soliede lyn verbysteek uit frustrasie.

GR ·

Stem saam met jou Mark daar is ‘n rede vir daardie sperstreep,hier het die sperstreep blykbaar nie sy doel gedien nie en kyk die harseer resultaat.

Annelize ·

Dankie Mark, en dis soos jy se Andre, mense maak mos hulle eie reels, en gebeur daar iets, dan is die trane ongelooflik baie, en sus hulle hulle skuldige gewete met “dit was die Wil van die Here”. EK bly nog steeds by my standpunt dat daar ‘n hengse verskil tussen die mens se dom onnosele nalatigheid is, en die Wil van die Here.

Niemand van ons weet wat hier gebeur het nie, maar ‘n foto spreek ook boekdele. Hoe dit ook al sy, dis ‘n tragedie van formaat hierdie.

Isak ·

Mark, ek stem met jou mak nie saak hoelank daai solid wit streep is nie. Reels is reels. Maar mense soos wat ek hier lees dink hulle is bo die wet verhewe. Bly by die pad reels mense. Hou op drink en bestuur. Bly geduldig op die pad en daar sal minder ongelukke op ons paaie wees.

Duppie ·

Dit is maar net die “nuwe” manier van plaasmoorde se vervanging. Die lorriedrywer ry voor ‘n kar in en hulle is dood en hy kom niks oor nie. Hoekom gee die SAP nie vir ons ‘n skets van die ongeluks toneel nie, dan kan mens sien wie verandwoordelik was. Doen dit sommer met alle ongelukke waar lorries en taxis betrokke was asb en dankie.

Nettie ·

@Duppie, sjoe – dis darem bietjie …e… erg.

Wyl ek saamstem met die idee van blanke volksmoord en algemene rasse-haat (omgekeer in die huidige bestel), dink ek darem nie iemand – hoe hatig hy of sy ookal is – sal darem sommer willens en wetens ‘n ongeluk veroorsaak waarin daar mense hul lewens verloor nie. Onthou net, die aanklag kan ENIGE tyd in “culpable homicide” verander word – en dan sit daai drywer se turf in elk geval, as hy daaraan skuldig bevind word.

Brenda ·

Dit is en bly maar n vieslike pad. Dis die pad van die dood daai en tussen Ermelo en Piet Retief. Sterkte aan die mense.

Liz ·

Lizl, Brenda sê EN – dus die pad tussen Hendrina en Ermelo EN die pad tussen Ermelo en Piet Retief is vieslik.

marous ·

Reg van voor verduidelik alles . Die paaie is ‘n bloedbad en die regering voel vere .

Essa ·

Dis presies die siening oor sperstrepe soos Nelta hier het, wat die probleem is – die eie oordeel van my voertuig is kragtig, ek bestuur al jare, ek het nie padreëls nodig nie; ek het nie tyd om te mors nie ens ens. Tragies.

Pensioenaris ·

Steeds dieselfde storie – sperstrepe wat net eenvoudig verontagsaam word. Mense speel met hulle en ander se lewens. Dit wil my voorkom of die hele mensdom besig is om mal te raak. Geen teken van enige verkeerspolisie op ons paaie nie. Praat nie eers van verf strepe nie – dorp of grootpaaie – daardie geld is seker ook vir ander doeleindes aangewend. Mens moet maar raai waar om te ry.

LHS ·

Klip ini bos. Een lang reguit oop pad, moontlik redelik baie slaggate a.g.v. die myne se trokke, indirekte rede vir ongeluk, groot mynvragmotors wat die paaie ook moet gebruik omrede die spoor- en treinstelsel wat daardie werk moes doen geheel en al tot niet gegaan het a.g.v. net nog n Afrika regering wat nie die kennis, insig of vaardighede het om n land te bestuur nie. Plaas sommer die direkte rede vir daardie lewensverliese om die nek van die regerende party en almal wat so hard gehelp het om Suid-Afrika se graf te grawe.

JohanL ·

Hierdie is bitter tragies – kan aan geen ander woorde dink nie.

Ek ken nie die pad nie en as die foto ‘n foto is van ongelukstoneel, dan sien ek die volgende:
– sperstreep, maar daar is aan minstens een kant van die pad ‘n dubbel-laning
– is die ander kant van die pad ook dubbel-laning?
– as albei kante wel dubbel-laning is, wel dan weet ek nie.

Verder ontbreek woorde my – dit is so tragies.

Bekommerd ·

Ek ry elke oggend die N2 vanaf Somerset wes tot in Stad, die ouens het net geen geduld en respek vir ander nie, jy moet net uit sy pad kom.

Leana ·

Baie tragies. Mense onderskat die afstand om verby te steek en ignoreer sperstrepe oor hul nie net ‘n paar minute geduldig kan wees nie. Nou het arme kinders hieronder gelei. Sterkte!

Isak ·

Mark, ek stem met jou mak nie saak hoelank daai solid wit streep is nie. Reels is reels. Maar mense soos wat ek hier lees dink hulle is bo die wet verhewe. Bly by die pad reels mense. Hou op drink en bestuur. Bly geduldig op die pad en daar sal minder ongelukke op ons paaie wees.

sikloon ·

Sperstrepe, rooi robotte, miskien word dit verkeerd gelees, dit is n teken van laatwaai!! Nou kan jy net raai waar word daardie lisensies bekom?

Nettie ·

@sikloon – as jy in Worcester, Wes-Kaap bestuur, dan is jou opmerking heel gepas.

Hier is daai oktagonale ding op ‘n paal, met die rooi agtergrond en wit letters – S T O P -, wat mens normaalweg aantref waar twee strate mekaar kruis, vir die aankomende verkeer die aanduiding daar gery moet word. Die ander ou wat rééds daar staan, moet maar WAG!

Swanna ·

Dit is nie net langnawekek wat mense knse vat op die paaie nie ons sien dit dagliks. Dit laat jou koue rillings kry hoe mense net eenvoudig of nie omgee nie of te manhaftig is of totaal leeg in die brein is en die slegte ding daarvan is dat die ander party gewoontlik tweede kom en dan wil hulle bejammering nader staan nadat hulle die skuldiges is in die saak. Die mensdom is SIEK!!!!

koos ·

Geen sperstreep of verkeerslig kan ongelukke voorkom nie. Dit gaan oor respek. Respek vir ons wette en medemens, en dit is waar ons probleem lê. Ons land se mense het respek verloor vir alles en leef net vir hulself.

JohanL ·

Koos, baie dankie vir jou waarheid. Meeste ongelukke kan voorkom word as mense mekaar respekteer. Die gevalle waar band bars, kan dan regtig ‘n ongeluk genoem word. Jou 4 woorde “dit gaan oor respek” is die crux van die saak.

LHS ·

Klip ini bos. Een lang reguit oop pad, moontlik redelik baie slaggate a.g.v. die myne se trokke, indirekte rede vir ongeluk, groot mynvragmotors wat die paaie ook moet gebruik omrede die spoor- en treinstelsel wat daardie werk moes doen geheel en al tot niet gegaan het a.g.v. net nog n Afrika regering wat nie die kennis, insig of vaardighede het om n land te bestuur nie. Plaas sommer die direkte rede vir daardie lewensverliese om die nek van die regerende party en almal wat so hard gehelp het om Suid-Afrika se graf te grawe.

Jennifer ·

Jammer vir die wat verlies gelei het. Ongeag die oorsaak van die ongeluk, en al is dit ñ vreeslike ding wat gebeur het wonder ek waarom hulle buite die voertuig gele het. Was daar veiligheidmaatreels getref. Was die veiligheidsgordels foutief of was dit nooit gebruik nie…

CN ·

Snaaks hoe almal aanneem iemand het verbygesteek op sperstreep… Dalk het ‘n band gebars en sodoende het bestuurder beheer verloor van voertuig? Enige iets kon gebeur het. Dit gese, dink ek mense soos Nelta is hoekom daar so vreeslik baie kop aan kop botsings gebeur agv verbysteek op sperstreep! Respek vir reels spaar nie net lewens nie, maar ook frustrasie vir ander bestuurders Nelta…

Gert van Wierdapark ·

Wat doen ons agbare nuwe mini-ster van Vervoer, of hy so besig in die “Verdamp-kamer” om Eishkom se probleme op te Los? Niemand wil skynbaar verantwoordelik heid neem vir die SLAGTING op ons paaie nie! Die traak-my-nie agtige houding van wetstoepassing op ons paaie, is om van te ween! Padvarke op alle vlakke (dronk bestuur, rooi verkeerslig verontagsaming, spoed, sperstreep verbysteek, taxi-gedrag en oorlading, (om n paar te noem) moet Opgevlok word! Neem bestuurslisensies van (gewoonte) oortreders weg ens!

genoeg is genoeg ·

Dis nie net taxi’s wat sperstrepe oorsteek nie enige ander voertuig ook… ‘n taxi het ‘n trok verby gesteek terwyl ek aankom… die die skepsel gooi nogal ligte en wys tekens vir MY!! Het my met ‘n paar meter gemis!! Hulle wil net maak soos hulle wil en die res moet gee pad voor!! Nêrens in die land het ek al so baie verkeerskonstabels gesien soos in Ventersdorp nie… hier word ek elke week voorgekeer. Een week glad 3 keer… Ek dink van die klomp kan gerus op ander plekke gaan diens dien!!

Lana ·

Ai! Dis baie hartseer. Hoop die seun wat oorleef het, sal dit kan verwerk!
Ek weet nie wat in hierdie geval gebeur het nie, maar ek wil pleit by elke bestuurder om:
1. geduldig te wees,
2. padreëls en regulasies te respekteer,
3. mede padgebruikers te respekteer EN
4. seker te maak jy KEN jou K 53- boek!!
Dít is die verskil tussen lewe te dood.

Griet ·

Sperstrepe is daar vir ‘n rede. Ongelukke agv verbysteek bewys dit mos. Maak nie saak wie regeer nie. As jy padreëls verontagsaam kan jy gewoonlik nie teen jouself beskerm word nie.

Rika ·

almal neem nou maar aan iemand was ongeduldig enhet oor die sperstreep gery, maar wat as die vragmotor se drywer aan die slaap geraak het op die pad en oorgegaan het na die ander kant. Mense moet ophou om te wil judge en jury speel. Hier is 4 mense oorlede van n familie, nog n kind in n ernstige toestand in die hospitaal wat sonder n gesin gaan grootword, Dink so bietjie daaraan ook. Ons weet nie wat gebeur het nie en daarom kan ons nie net aantuigings maak nie.

Mariaan ·

Geduld geduld geduld….asb mense..so kan lewens gespaar word…ai hoe hartseer…net een seuntjie oor…agge nee man

Reynete ·

Nou is daar onskuldige mense dood Agv ń idioot wat dié reëls verontagsaam het.

Stefaans ·

Ek gebruik daagliks die R104 vanaf Bronkhorstspruit. Totale wetteloosheid. Vanoggend weer, ‘n aflwerings vragmotor gaan verkeer verby nie net op die sperstreep nie, sommer oor die geverfde verkeerseilande. Ek moes my spoed verminder anders was ek in ‘n ongeluk. Dit is ‘n daaglikse verskynsel op die stuk pad en ook op ander paaie. Geen wetstoepassing nie, of laat ek eerder sê, die wetstoepassers doen dieselfde.

Christa ·

Hou op afleiding maak die trok het gee fout gemaak nie ook is daar niks slag gate op die stuk pad nie en ja hendrina se rigti g van ermelo af is n dubbel baan vir die trok die trok hét gerem en die ander motor glad nie gerem nie. Miskien was ďe bestuur van die golf onder die invloed of het hy net beheer verloor…

RJ Zeelie ·

Mense maak foute. Raak aan die slaap. Lees sms of whatsapp. Verloor beheer as iets breek.
Verkeerslyne word deesdae gedoen deur mense wat geen benul het wat vereis word nie. Soliede lyne waar die sigafstand goed is. Natuurlik moet aansluitings in aanmerking geneem word. Dan kry jy ook ñ stippellyn waar daar ñ soliede lyn moét wees. Voorbeeld hiervan is die blinde hoogte buite Reitz waar jy toegelaat word om verby te steek.

Trienkie ·

Gooi my maar met klippe maar ek rig al lankal n pleidooi dat vragmotors – sekeres, moet af van die paaie. Daar is meer vragmotors as motors op ons land se paaie en hulle is die hoofoorsaak van padongelukke em sterftes. Treinvervoer is die oplossing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.