4 konstabels vas vir ‘aanranding’ in polisieselle

Argieffoto

Vier polisiekonstabels sal Maandag in die Randburg-landdroshof in Gauteng verskyn nadat hulle na bewering verlede naweek twee mans in polisie-aanhouding aangerand het. Een van die mans is ná die beweerde aanranding dood aangetref.

Sontaga Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die konstabels het na bewering twee mans, onderskeidelik 36 en 39 jaar oud, Sondagaand in die aanhoudingselle van die Honeydew-polisiestasie bygedam.

Die mans is herhaaldelik geskop en geslaan waarna die 39-jarige man inmekaargesak en begin bloei het. Volgens Seisa het die konstabels egter nie bes gegee nie en voortgegaan met die beweerde aanranding voordat hulle eindelik vort is.

Dit is tóé dat die ander man agterkom dat die een op die grond abnormaal asemhaal. Hy het tevergeefs probeer om polisielede se aandag te kry en is later na die Randburg-polisiestasie oorgeplaas.

Seisa sê dat die erg beseerde man wat in die selle agtergebly het se broer later die aand daarop aangedring om hom te sien. Dit is tóé dat hy op sy broer se liggaam in die selle afgekom het.

Die konstabels, almal tussen die ouderdomme van 25 en 36 jaar oud, is daarna in hegtenis geneem op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Volgens Seisa is Opod van plan om die verdagtes se borgtogaansoek teen te staan wanneer hulle volgende week in die hof sal verskyn.

“Opod doen weer eens ’n beroep op polisielede om wette te respekteer,” het Seisa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Niel ·

Verkeerd. Net senior offisire kry volle betaling terwyl geskors

Domvraag ·

Nee Niel. Skorskng met volle betaling is op almal van toepassing.

schaun ·

Ons moet n tuisland kry ons sink elke dag bietjie vir bietjie weg daar is geen uitweg behalwe n onafhanklike tuisland waar ons ordentlike beskaafde wetstoepassers sal hê wat die publiek sal dien en beskerm

Melanie ·

Honeydew SAPS het al voorheen nuus gemaak. Bly eerder weg.

Martin ·

Soek die name van die twee mans wat aangerand is sodat ons kan weet hoekom dit gebeur het.

Transvaalse nooi ·

Martin, ons dink dieselfde, ek wil ook baie graag weet………..

Johan ·

BEE en ‘werkskeppings inisiatiewe’ het gemaak dat die verkeerdes in die wetstoepasser poste beland. N wetstoepasser moet n liefde hê vir mense, reg en geregtigheid, en n passie hê vir sy of haar werk. Hulle kry die werk op n silwer skinkbord, en ek kom agter meeste wil net by paydag uitkom. Ek staan verwonderd en hartseer terwyl my land verkrag word!

jakes ·

Die polisie kan maar net nie dinge reg doen nie. As hulle nie self betrokke is by misdaad soos omkopery, roof, kapings en diefstal nie dan rand hulle verdagtes aan wat op eindig in moord. Meeste is onbevoeg om n vuurwapen te hanteer en honderde het kriminele rekords.

Rina ·

Ontslaan hulle … SAPD gaan weer betaal.. Sommige dink die uniform maak hul magtig. Dit is plein moord. Meer as een wat die daad gepleeg het … boellies …. hulle hoort nou agter trallies …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.