Vier mense is Donderdag in hegtenis geneem ná ’n beplande transitorooftog in Tzaneen, Limpopo, gefnuik is.
Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het gesê polisie in die gebied was Donderdag op die uitkyk nadat hulle in kennis gestel is van ’n beplande rooftog op ’n transitovoertuig wat kontant na ’n vulstasie in die Tzaneen-gebied vervoer.
Dit volg nadat ’n verdagte wit VW Polo TSI-voertuig met ’n Mpumalanga-nommerplaat in die gebied opgemerk is. Die polisie se vermoedens is bevestig toe vier verdagte mans opgemerk is en ’n ondersoek vasgestel het dat dié nommerplaat van die voertuig vervals is.
Volgens Muridili het polisielede die verdagte voertuig genader toe die transitovoertuig by die vulstasie ingery kom. ’n Skietery en jaagtog het gevolg, waarna vier verdagtes in hegtenis geneem is. ’n Vyfde verdagte kon daarin slaag om te voet te vlug.
Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is tydens dié skietgeveg gewond.
Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die polisie se optrede geloof. “Transitorooftogte bedreig die veiligheid van ons gemeenskappe, aangesien die misdadigers nie huiwer om hul pad uit te skiet wanneer hulle gekonfronteer word nie,” het Sitole gesê.
“Ek moet die dapperheid van ons lede loof wat nie teruggestaan het tydens die skietery nie en daarin kon slaag om die verdagtes in hegtenis te neem voordat hulle met hul plan kon voortgaan,” het hy bygevoeg.
Puik werk, SAPD!!!
Nou moet julle baas en julself net plan maak met die plaasmoorde …….
Ag, damn, hoe vergeet ek dan nou so sleg! Dit sal mos nie werk nie ……. die plaasmoorde vorm deel van Ramapadda se grondhervormingsplan; die boere móét van die plase af, sodat daardie grond aan die voorheen-benadeeldes gegee kan word, sodat die ANC kan regeer tot in ewigheid ……
Netta…. gebruik die woord ‘ewigheid’ op ‘n meer respekvolle wyse asseblief, want dit is vir ewig waar maar dinge sal anders wees
En wat gaan nou met hulle gebeur ? Net mooi niks nie
Gee die SAPD lede die eer wat hulle toekom. Daar is op inligting gereageer en nog vier kriminele verwyder. Dis die howe wat te maklik borg toestaan en nie die polisie nie.. Sindikate betaal die borgtog, al is dit R100 000 net om te voorkom dat die getuienis die sindikaat oopvlek.